Slank Lewenslank


SLANK LEWENSLANK

 

stock photo : An image of a women who has gone from being fat to thin, a useful image about weight loss.

Die alte bekende ritueel van dieet


Die gevoel van swakkeling en desperaatheid na elke vergeefse probeerslag is geen vreemdeling vir oorgewig mense nie. Jy skop gewoonlik af met groot geesdrif, oortuig dat jy hierdie keer die ideale dieet ontdek het. Jy volg dit getrou tot die laaste letter en is in die wolke wanneer jy begin om gewig te verloor. Maar omdat dit teen die natuur ingrens om heeltyd honger te voel, is dit nie lank nie voordat jy terug op die ou pad is: jy vergryp jou van vooraf aan kos en kort voor lank is al die gewig terug wat jy verloor het, plus ‘n paar kilogram ekstra. Dis ‘n bose, nimmereindigende kringloop.


Wat dit soveel erger maak is dat, elke keer wanneer jy faal, sit jy nie net met meer kilogramme aan jou lyf nie, jy word ook geteister deur skaamte en depressie omdat jy jouself as ‘n swakkeling en ‘n misoes beskou. Jy haat jouself omdat vir jou gebrek aan wilskrag, vir jou ‘vraatsigheid’ en omdat kos so belangrik en tog ook so vernietigend in jou lewe is. Jy haat dit om vet te wees en te dieet en heeltyd honger te ly.  


Welkom by die klub. Jy is nie alleen nie, maar een van miljoene wêreldwyd wat met dieselfde probleem worstel. ‘n Derde van alle Westerlinge is oorgewig.  En nes jy, gryp hulle na elke strooihalmpie om gewig te verloor, hetsy dit pille, maaltyd vervangers, operasies of kitsdiëte is.


As you stryd teen gewig al lank duur sal jy teen hierdie tyd weet daar bestaan nie ‘n wonderkuur om maer te word nie. Diegene wat jou probeer oortuig van een of ander dieet wat vir hulle werk, moet gewoonlik ook erken dis ‘n voortdurende stryd om nie weer die gewig op te tel nie. Met ander woorde, hulle is lewenslank op ‘n dieet. En hulle maak net ‘n klein persentasie uit van almal wat al gewig met diete verloor het. Die res gooi na ‘n tyd handdoek in en gee hulle weer aan die lekkerte van ooreet oor.


En g’n wonder nie. Niemand kan gelukkig wees as jy altyd ingeperk word deur ‘n vaste dieet wat jy vir die res van jou lewe moet volg nie, veral nie een met hope taboes en reëls nie.  Natuurlik behoort ons gesond te eet, maar nie op ‘n manier wat ons van ontneem van die lekkerte van kossoorte waarvan ons altyd gehou het nie. As jy bv lief is vir sjokolade, gaan jy altyd daarna smag. Jy behoort dit te kan eet sonder om skuldig te voel.


Kos mag nooit so ‘n belangrike rol in ons lewens speel dat dit ons met ‘n gevoel van onvergenoegdheid laat of ‘n negatiewe invloed op ons alledaagse bestaan en in ons verhoudings met ander mense het nie. Kortom: Kos mag ons nie regeer nie!

Die treurige waarheid is dat diëte net werk so lank as wat ons dit volg. Die rede hiervoor is dat jou brein dit al die pad beveg as jy jou voedselinname drasties beperk. Dit gaan in ‘oorleef-fase’ die oomblik as jy begin dieet, met die gevolg dat jou metabolisme dan stadiger werk om die vet op te gaar vir die ‘honger’ tye wat voorlê.

Dit is hoekom dieet nie die antwoord is as jy permanent wil verslank nie. Jy moet jou gevoelens verander, sowel as jou ingesteldheid ten opsigte van kos en jou liggaam. Neem mense wat van nature slank is. Hulle het nie ‘n disfunksionele verhouding met kos nie. Hulle praat nooit oor maer of vet of wat goed of sleg is om te eet nie. Hulle eet wat hulle wil, hoeveel hulle wil en hulle raak nooit vet nie. Dis omdat hulle kos geniet pleks van dit as ‘n vyand te beskou.

En dis seker die grootste geheim in gewigsverlies. Deur obsessief daaroor te wees, stuur jy die verkeerde boodskappe na jou brein. Dis soos om herhaaldelik te skree: ek wil vet wees, ek wil vet wees….

Kyk op ander manier daarna. Jou brein is soos die harde skyf van ‘n rekenaar, en jou gedagtes en gevoelens is die data wat jy daarin voer. Deur aan jou gewig te dink en wat jy gaan eet is jy besig om jou brein te programmeer om te glo dat jy eintlik vet moet wees. Solank as wat jy dit dus doen, sal jou brein hierdie ‘opdrag’ uitvoer.

Om suksesvol gewig te verloor is dit dus noodsaaklik om jou denkwyse na positiewe gedagtes te verander.


Cartoon of Healthy Food-A Fiber Rich Apples clipart

Die krag van positiewe denke


Die brein is sekerlik die kragtigste wapen wat jy kan gebruik om jou lewe ten beste te verander. Ongelukkig maak bitter min mense van hierdie wonderwapen gebruik. Om die waarheid te sê meeste mense beskou dit as ‘n foefie en glo dat die noodlot hul lewens sal bepaal.


Daar is niks verder van die waarheid af nie. Jy het die mag om elke aspek van jou lewe te verander deur net te begin om positief te dink. Hou op om aan jouself as ‘n slagoffer te dink omdat jy oorgewig is. Neem beheer van jou lewe. Glo in jouself en besluit wat die belangrikste is: om ‘n gegriefde, onvergenoegde martelaar te wees van wie mense gewoonlik vlug of, aan die ander kant, om ‘n aangename, selfvertrouende mens wie se geselskap ander geniet omdat dit nie die heeltyd ‘n gesanik oor gewig of kos is nie.


Onthou: mense sien slegs wat jou gesindheid projekteer! En daarvolgens sal hulle reageer. Hulle sal net na jou verwys as “daai vet koei” as jy jou soos een gedra. Andersins sal hulle jou sien as die gawe vrou met die mooi glimlag. Dis die werklikheid van die lewe. Ons is so verskriklik begaan oor ons voorkoms en inderwaarheid is dit ons persoonlikhede wat ons gewildheid bepaal.



Jy kan dus begin deur ‘n goeie verstandhouding met kos te vorm. Aangesien jy nie daarsonder kan leef nie, hoekom dit nie sien as jou bondgenoot pleks van jou vyand nie. Dis onvermydelik vir ons voortbestaan, maar dit mag nie so ‘n prominente rol in jou lewe speel dat jou hele bestaan daarom draai nie. Ten meeste moet dit net een aspek van talle in jou lewe wees.


Cartoon of Healthy Food-Lycopene Rich Tomatoes clipart

Die geheim om jou ingesteldheid te verander.

As jou liggaam maerder wil wees, sal gewigsverlies outomaties geskied. Jou gesmag na kos sal verdwyn, jou metabolisme sal vinniger werk en jy sal vet verbrand soos ‘n natuurlike maer persoon. Dis waar die doel van ‘n nuwe ingesteldheid saak maak. Dink aan jouself as ‘n slank mens, sien jouself as blakend gesond en stralend gelukkig. Vermy negatiewe gedagtes en konsentreer doelbewus op positiewe dinge.
Ek het die waarheid hiervan persoonlik ervaar toe ek jare gelede veertig kilo’s aangesit het nadat ek ophou rook en begin eet het om na die gesmag vir nikotien te vergoed. Wat ek ookal gedoen het, watter dieet ek ookal gevolg het, dit was ‘n vergeefse stryd. Uit desperaatheid het ek toe uiteindelik ‘n ballon in my maag laat sit. Dit was veronderstel om my permanent vol te laat voel, maar die ballon het sommer op die eerste dag gebars en die sjirurg moes dit verwyder. In hierdie proses het hy my een long stukkend gesteek en moes daar met my na noodgevalle gejaag word. Ek het toe by die dood omgedraai.
Dit was ‘n soort van kruispad in my lewe. Ek het net daar besluit my obsessie met my gewig was nie my lewe werd nie. Ook nie my verhouding met my man en kinders nie. Ek het besluit om op te hou met dieet. En toe, wonder bo wonder, het ek op ‘n dag besef my klere is besig om al losser aan my te sit. Binne ‘n paar maande het ek toe al die oortollige gewig verloor en dit sonder dat ek ‘n oomblik aan dieet gedink het!
As iemand jou vra hoekom jy jou ooreet, sal jy waarskynlik sê omdat jy lief vir kos is. Maar dis nie waar nie, want wanneer jy ooreet voel jy opgeblase, depressief en sielsongelukkig. Dis omdat daar gewoonlik ‘n onderliggende rede is waarom ons ons aan kos vergryp. Dit kan ‘n swak selfbeeld of ‘n ongelukkige verhouding wees. Die redes is legio.
3D Fat Kid Running from a Cheeseburger Temptation clipart
As jou verhouding met kos stresvol is – jy eet te veel of te min, dink die heeltyd aan kos, laat toe dat dit jou verhouding met ander beinvloed – dan is dit tyd dat jy iets daaromtrent doen. Ons word almal geteister deur gevoelens van skaamte en selfhaat elke keer wanneer ons nog ‘n dieet probeer en misluk het. Dis amper soos om dwelms te gebruik. Jy beleef ‘n euforiese gevoel die oomblik as jy op die skaal klim en sien jy’t ‘n paar kilo’s verloor, eweneens wil jy selfmoord pleeg as jy sien jy’t dit weer opgetel. En dis nie ‘n gesonde resep vir ‘n gelukkige gesindheid nie. So, hou op om jouself te martel, of om skaam te voel oor jou mislukkings. Moenie jouself langer van lekker kos weerhou net om jou daarna daaraan te vergryp nie.
Begin om jou liggaam te vertrou om jou te vertel wat om te eet. In die begin sal jy nie baie gewig verloor nie, maar omdat jy ‘n gelukkiger mens gaan wees gaan dit jou nie pla nie. En later gaan jy verstom wees oor hoe maklik die vetjies gaan smelt!
Die geheime sleutel na die deur van permanente gewigsverlies is eerstens en belangrikste: balans. Volg net hierdie (baie buigbare) reël: Kompromeer. Laat jouself toe om te eet waarvan jy die meeste hou, maar sluit met elke maal ook gesonde kos soos groente of vrugte in. Eenvoudig soos dit. As jy van soetpatats hou, geniet dit, maar maak net seker dat jy ook jou wortels of spinasie inkry!
3D Apple Weighing Herself on a Scale clipart
Wees lief vir jouself
Kom ons konsentreer ‘n oomblik net op jou. As jy oorgewig is het jy waarskynlik ‘n lae selfbeeld ook. Om dit te verander sal jy ‘n innerlike kykie na jouself moet loods. Die een ding wat jy moet besef: Die vet aan jou lyf is nie JY nie. En dis iets wat jy kan verander. Te veel oorgewig mense beskou hul vet as ‘ns traf wat hulle vir die res van hul lewens sal moet verduur. En dis heeltemal onnodig.

So vergeet van die vet. Dink aan al die ander wonderlike kwaliteite en talente wat jy het. Ek weet dit klink afgesaagd om te sê voorkoms is nie so belangrik soos persoonlikheid nie, maar dis gelukkig waar. Mense veroordeel jou NIE omdat vet is nie, maar wel omdat jy naar en gemeen en onvriendelik met swak maniere is. Net so sal hulle nie aangetrokke tot jou voel omdat jy slank is nie, maar wel omdat jy ‘n warm en innemende persoonlikheid het.

Komaan, dis die heilige waarheid. Dink ‘n bietjie aan die mense van wie jy hou of wat jy verpes. Wees eerlik. Is dit oor hoe hulle lyk of is dit oor hoe hulle optree? Ja, ons bewonder mooi mense, maar ons hou nie noodwendig altyd van hulle nie.

Wat meer is, 90% mense hou nie van hoe hulle lyk nie. Dis deel van menswees. So, jy hoef nie soos ‘n buiteruimtelike wese te voel net omdat jy dink jy’s te vet nie. Sorg net dat dit nie ‘n obsessie by jou word nie. Konsentreer op jou goeie en sterk en mooi eienskappe en jou stryd is driekwart gewonne. Moet nooit te streng met jouself wees nie, moenie bang wees om foute te maak en te val nie, jy sal nie menslik wees as jy dit nie doen nie. Leer om jouself lief te hê en te aanvaar soos jy is, en ander mense sal dit dan ook doen.

Begin vandag ‘n nuwe lewe deur jou dit jou doel te maak om van nou af positief te wees, en in vrede en harmonie met jouself te leef, sowel as die mense om jou. Jou gesindheid sal soos suurdeeg deurwerk na alle ander mense en dinge in jou lewe, met uiters positiewe resultate.

Moet ook nie verwag om vinnig gewig te verloor nie. Onthou, dit vat gewoonlik maande, selfs jare om al die vet aan ons liggame te vergader, ons kan nie verwag om dit oornag te af te skud nie! Wees voorbereid en gewillig om stadig te verslank. Maak dit van nou af ‘n bysaak nie ‘n hoofsaak nie.

Dink aan al die tyd wat jy al verloor het op waardelose diete en ander foefies. As jy slegs ‘n paar gram elke week verloor het, was jy nou al baie na aan jou teikengewig, indien nie reeds daar nie. So, moenie dink aan dieet nie. Vergeet heeltemal daarvan.

Maak ‘n lys van al die dinge (behalwe jou gewig) wat jou ongelukkig maak. Raak ontslae van dit wat jy kan en aanvaar die res sonder om daaroor te wroeg. Leef in die hede, maak die beste van NOU. Moenie toelaat dat enigiets of iemand jou goeie bui ondermyn nie. Besluit jy gaan van nou af gelukkig wees en wees dit! Jy sal verbaas wees hoeveel mense dit gaan agterkom en dienooreenkomstig reageer.

Belangrikste van alles, moet nooit weer op ‘n dieet gaan nie. Gooi weg al daai pille, poeiers en wat jy ookal in jou kas opgegaar het. Skeur op al die ‘wonder’diëte waarmee jy jouself tot nou toe gemartel het. En neem ‘n eed dat jy nooit weer honger gaan ly nie.

Moet ook nie meer oor jou gewig praat nie. Vir mense wat daarna moet luister is dit nie juis stimulerende geselskap of ‘n interessante onderwerp nie. Al wat jy regkry is om mense van jou af weg te stoot. Pleks van ‘n negatiewe uitlating soos: “Ek haat dit klere te koop want niks pas my meer nie,” kan jy eerder op ‘n positiewe noot sê: “Ek geniet dit om te eksperimenteer met kleure en style wat my slanker laat vertoon.”


Iets anders, maar ook baie belangrik. As jy in ‘n intieme verhouding is, moenie toelaat dat jou oorgewig dit versuur nie. Jou maat sien beslis nie jou vetrolletjies raak in ‘n oomblik van passie nie! Al wat saakmaak is dat jy siel en liggaam aan die oomblik toewy, sonder enige selfbewustheid. Weereens: jou gewig gaan vir jou maat net ‘n issue wees as jy een daarvan maak.

15 Wenke vir ‘n gesonder en slanker jy Cartoon Apple clipart



  1. Eerste en belangrikste: maak seker daar is nie ‘n mediese rede hoekom jy sukkel om gewig te verloor nie. ‘n Baie algemene probleem is ‘n onderaktiewe skildklier. Besoek jou dokter sodat hy kan seker maak daar is niks met joune verkeerd nie.

  1. Drink baie water. En as jy, soos baie ander mense, water haat, ‘geur’ dit met ‘n bietjie Oros of iets soortgelyks. Suurlemoensap in lou water is natuurlik amper ‘n kuur op sy eie, maar net genoeg om die water te geur.

  1. Vir vinniger, maar steeds gesonde, resultate kan jy jou dag begin met 1 of 2 piesangs vir ontbyt, gevolg deur ‘n glas louwarm water met ‘n skeutjie suurlemoensap daarin. ‘n Belangrike wenk: As jy vrugte by ‘n maaltyd insluit, eet die vrug voor jy enige ander kos eet. Dit word dan makliker deur die maag opgeneem. As jy dit meng met ander kos, vorm dit ‘n suur wat nadelig vir jou maagwand is en meeste van die nutrante sal vernietig.

  1. Hou op om kos as jou vyand te beskou. Geniet dit wat jy eet, maak nie saak of dit gesonde kos of wegneemetes is nie.(Ek haat daai woord gemorskos, want in die werklikheid is ‘n hamburger baie gesond as jy as die bestanddele daarvan in ag neem) Die enigste ‘reël’ is om seker te maak jy eet ook iets gesond met elke maaltyd. Sonder die noodsaaklike nutrante gaan jy heeltyd honger voel, maak nie saak hoe vol jy jou met pasteie of koek gestop het nie.

  1. Hierdie wenk is ook baie belangrik: Gebruik ‘n koekvurkie om gewoond te raak aan klein happies en sommer ook ‘n klein bordjie om die kos op te skep. Eet stadig en kou jou kos eers deeglik. Die geheim is om elke hap in jou mond te ‘vertroetel’. Moenie kos vinnig afsluk sonder om ‘n ritueel van die proery te maak nie. Jy sal verstom wees hoeveel vinniger jy vol gaan vol as jy stadig eet.

  1. Moenie jouself ooit toelaat om honger te raak nie. Eet vrugte of neute of selfs ‘n handjievol biltong as jy tussen etes honger raak. Op die wyse sal jou brein die boodskap van oorvloed kry en sal jy nooit honger voel nie. Moet ook nooit ontbyt oorslaan nie. As jy nie daarvan hou nie, eet ten minste net daai piesang.

  1. Moenie eetlusdempers gebruik nie. Hulle is net bedoel vir korttermyn en tydelike diete. ‘n Mens raak hulle vinnig gewoond en het al hoe meer nodig om jou eetlus te onderdruk. Boonop is die meeste van hulle verslawend. So vermy dit soos gif!

  1. In plaas van die heeltyd dink aan jou gewig en kos en sulke dinge, hou jou brein besig met positiewe gedagtes, soos daai vakansie waaroor jy hoe lank al droom of daai oulike ou langsaan of iets snaaks waarvan jy onlangs gelees het. Dink aan goed wat ‘n kalmerende en ontspannende invloed op jou het. Kry stokperdjies om jou mee besig te hou as jy verveeld is. Of kuier meer by jou bure en vriende.

  1. Probeer om ten mense een keer per dag te mediteer en jou kop skoon te maak. Onthou om diep asem te haal en net aan mooi goed te dink.

  1. Oefening is glad nie ‘n vereiste nie (het onlangs iewers gelees dit word eintlik glad nie meer aanbeveel vir gewigsverlies nie!) maar jy mag darem ook nie toelaat dat jou spiere heeltemal tot niet gaan nie. Loop dus so nou en dan om die blok en klim trappe eerder as om die hysbak te vat.

         11   Bly weg van daai skaal! Dis ‘n onding! Cartoon of a Really Fat woman Standing on a Scale with One Foot clipart
12     Glimlag of lag so veel as wat jy kan. Mense sal dit raaksien en daarop reageer, wat weer ‘n goeie effek op jou sal hê. Onthou, jy is ‘n unieke mens, daar is niemand anders op aarde soos jy nie. Begin ook om mense van wie jy nie hou nie, beter te leer ken. Soms sal jy verstom staan oor hoe aangenaam hulle eintlik kan wees.

13     Wees goed vir ander. Dit sal ook ‘n rimpel effek in jou lewe hê. As jy baie tyd het, bied jou hulp aan in tehuise vir kinder of bejaardes of hospitale. Daar is altyd instansies wat ‘n nood aan hulp het. Dit sal jou inspireer en nuwe betekenis aan jou lewe gee en hopenlik laat besef jou bietjie vetjies is nie so belangrik nie.

14     Alhoewel die voorskryf van ‘n dieet verbode in hierdie pamflet is, wil ek tog voorstel dat jy meer proteines as koolhidrate inneem. Gaan gerus na die webtuiste van Gary Taubes by http://garytaubes.com/  Hy het my hele siening oor dié kwessie verander!
15  Ten laaste, wees lief vir jouself, net soos jy is en nie soos jy dink jy behoort te wees nie! Onthou, weereens: jy en jy alleen bepaal hoe mense jou sien. Straal dus die regte gesindheid uit!

Modes vir die groter vrou
Alhoewel ek nie ‘n modekenner is nie, het ek by verskeie webtuistes gaan kers opsteek om jou met beter klerekeuses te help terwyl jy besig is om die kilo’s te laat wegsmelt.
Hier is ‘n paar moets en moenies:
Moenie oorgroot tops met ‘n ‘bubble’ snit dra nie. Alhoewel dit effe los moet sit, kies iets wat by die kante ge’shape’ is. Maak nie saak hoe vol van lyf ons is nie, ons lyk altyd beter en slanker met gevormde klere. Vermy groot en bont motiewe, en veral ook dwars strepe. Hou eerder by effekleur.
Kies hemde soos die witte hieronder. Dit is goed gestilleer en is altyd ‘n klassieke wenner wat deftig, koel en vroulik lyk. En dit het die soort snit wat enige figuur sal vlei.

Selfs loshangende klere moet steeds gevormd wees(eerste en tweede foto onder)  om nie soos ‘n tent (tweede foto hieronder) aan jou te vertoon nie. Dra gerus ook helder kleure (derde foto) maar vermy liefs bont patrone
Haarstyle wat jou gesig maerder sal laat vertoon.


Moet nooit jou hare te kort dra as jy oorgewig is nie (illustrassie hieronder) omdat dit sie langsaan) want jou kop sal dan uit verhouding lyk. 


NOG ‘N PAAR ALGEMENE WENKE
Al agtergekom jy kry nie sommer ‘n oorgewig Indiër nie? Wel, die geheim lê in die kerrie, knoffel en rooipeper wat hul dieet bevat. Dit versnel die metabolisme. As jy nie daarvan op jou kos hou nie, koop die pille by ‘n apteek.
Eet wintertyd (en somer ook as jy daarvoor kans sien) soveel moontlik groentesop wat met dieetsoppoeier gegeur en verdik word. Dit laat jou vinnig vol voel en bevat baie min kalorieë. (Sien ook resep vir groentesop)
Drink ten minste twee glase melk, en dit hoef nie afgeroom te wees as jy volroom verkies nie. Anders as wat voorheen geglo is, maak dit nie vet nie en is dit noodsaaklik vir beendigtheid.
Gebruik sover moontlik spray ‘n cook pleks van olie of vet, en gebruik olyfolie pleks van sonneblom of groenteolie.
Eet liewer oondtjips as tjips wat in olie gaargemaak is.
Skakel stysel soveel moontlik uit. Los die brood en pasta en eet eerder eiers, kaas, onverwerkte vleis (en jy hoef nie die vet af te sny nie!) en baie groente. Mayonaise is ook nie so ‘n groot sondebok as wat voorheen geglo is nie. So, gebruik dit oor jou rou groente as jy nie daarvan hou om die groente net so te eet nie.
Resep vir Groentesop
·                         3 eetlepels (45 ml) hoender- of beesvleis-aftrekselpoeier
·                         1 eetlepel (15 ml) olyfolie
·                         6 koppies (1,5 liter) kookwater
·                         2 teelepels (10 ml) sout
·                         500 g murgpampoentjies (gesny of gerasper)
·                         700 g wortels (gesny of geraspe
·                         300 g groenbone (gekerf)
·                        
Vir variasie voeg kerrie-puree by wanneer die olie gebraai word. Voeg gesnyde seldery by 'n paar minute voordat die kookproses klaar is.
·                          
Metode
Roerbraai die aftrekselpoeier in olyfolie in 'n diep pot. Voeg water en sout en dan al die gesnyde groente by. Kook sowat 20 minute tot nét sag.
As jy voel jy wil graag ‘n vaste eetplan volg, ek het die volgende een in Sarie gaan opspoor. Dit klink na ‘n eenvoudige en handige idee.
1. EET ELKE DAG AL DIÉ KOS
Rou amandels en/of pekanneute en/of okkerneute
50 g
Lemoen/nartjie/koejawel/aarbeie
Minstens 1 medium vrug of 10 aarbeie
Ander vars vrugte
2 – 3, ook piesangs
Gerolde hawermout (rou)
¹/3 – ½ koppie
Rou tamatie
1
Wortel (rou of gaar)
1 grote
Ander groente (uie, kool, spinasie, sampioene)
Minstens 2 koppies, berei saam met kos of as slaai, soos verkies
Kekerertjies/botterbone/baked beans/lensies
½ blikkie daagliks of ½ koppie geweek en gekook
Salm, geblik in water/vars/bevrore
¼ blikkie daagliks of 1½ blik per week
Jogurt
250 ml ongegeur, of Woolies se laevet- gegeurdes (sonder preserveermiddels)
Avokadopeer
½
Druiwepitolie (cold pressed)
15 ml
Olyfolie
10 ml
Knoffel
Minstens 1 huisie – gebruik bv. in slaaisous
Pietersielie
Lekker bossie – maak pesto of ’n groente-smoothie
Suurlemoensap of appelasyn
15 ml in ’n bietjie water, sover moontlik saam met maaltye


2. PROTEÏEN-PORSIES BY ELKE MAALTYD
Kies ook smiddae en saans één hiervan en eet daarvan soveel jy wil.
* Maer ham, gesny
* Pastrami
* Koue, gesnyde beesvleis
* Maalvleis, volstruis
* Sardyne
* Maer, gesnyde biltong
* Kruisskyf (rump steak)
* Hoenderborsie
* Vis, bv. stokvis/skelvis
3. BYKOMEND, AS JY WIL. KIES 1 HIERVAN MET MIDDAG- EN AANDETE
Eet soveel jy wil hiervan.
* Bruinrys
* Patats
* Ertjies
* Mielies
* Aartappels in die skil
4. BYKOMEND DAAGLIKS, AS JY WIL
* Rooiwyn (1 glas) 
* Koffie/tee (sonder suiker, met melk)
* Donkersjokolade (1 blokkie)
* Kaneeltee
5. BYKOMEND, AS JY WIL. KIES DAAGLIKS 1 VAN DIE VOLGENDE
* Kaas (gouda/cheddar) 15 g
3 eetlepels gerasper/grootte van ½  vuurhoutjiedosie)
* Kaas (mozzarella) 20 g (¼ koppie gerasper/1 sny)
* Deense feta 30 g (3 stukkies)
* Maaskaas, laevet, 100 g (½ bakkie)
* Eier 1
* Varktjop, vet verwyder, 100 g (1 medium-grootte tjop)
* Skaapboud, gerooster, alle sigbare vet verwyder, 65 g (2 dun snye)

Vermy dít liewer

Brood  
Margarien  
Kits-ontbytgraan (hoëvesel-soort ingesluit)  
Lekkers (behalwe donkersjokolade)  
Gaskoeldrank  
Gegeurde water versoet met suiker of kunsmatige versoeter  
Konfyt  
Sonneblomolie  
Kits-soppoeier/kits-souse/
cook in-souse/marinades  
Vrugtesap

Vir diegene wat hulp soek terwyl hulle gewig probeer verloor het ek dié volgende middels gaan navors en dit blyk volgens die gesondheids webtuiste, Consumer Health, nie ongesond te wees nie. Probeer dit dus as jy voel jy het so iets nodig. Daar is nog ‘n hele klompie wat deur Consumer Health getoets is, gaan kyk gerus by hul webtuiste daarna by die volgende link:
http://www.consumerhealthanswers.com/weightlossproducts
Phenocal
AvesilAvesil
SensaSensa

VOORSPOED MET DIE NUWE JY!




3 comments:

Anonymous said...

We need to wake up America before this Blessed Nation is destroyed by the ACLU. [url=http://www.vanessasac.com]vanessa bruno sacs[/url] Cheers, SKathleen. I usually am already swimming by now. If it persists for more than 24 hours contact your veterinarian immediately to prevent dehydration.
The vast majority of working class youths listened to one form of black music or another. http://www.icanadagooseca.com Avid Hip-Hop and rap fans may find this song appealing as w .. [url=http://officialcanadagoosesoutlet.ca]canada goose parka sale[/url]
[url=http://flyballbags.com]canada goose online[/url] Le but de polir et cires n pas juste pour faire de votre Chaussures Christian Louboutin fi allure, mais aussi de les prot contre les Les d d et d dommages sont de v menaces pour cuir Christian Louboutin Shoes, donc soyez s?r de les prot 4) Si votre cuir Christian Louboutin sont un peu petites, ou si elles pincement dans certains endroits, ils vont provoquer des cloques et des douleurs autre pied. [url=http://www.onlinebeatsbydreoutlet.com]beats by dre pro fake or real[/url]

Anonymous said...

Excessive Alcohol IntakeAlcohol can enhance uric acid production and reduce the clearance of uric acid by the kidney. http://www.2012canadagoosepascher.fr ;-) But one thing I am not interested in romance. A small sampling of the bird life recorded includes great blue heron, green heron, great crested flycatcher, Canada goose, kestrel, bluebird, osprey, northern goshawk, green-winged teal, black ducks, pintails, and herring gulls. Korean girls hate to play with girls, and boys hate to play with girls.
On June 30, 2006, Denis was traded to the Tampa Bay Lightning and Leclaire was promoted to starting goalie. [url=http://www.icanadagooseca.com]canada goose toronto[/url] German factors include the flavor of words. [url=http://officialcanadagoosesoutlet.ca]canada goose[/url]
[url=http://flyballbags.com]canada goose chilliwack[/url] But this time things posses been modified or maybe even they have got whole lot more expertise the fashion field and explain how it works wish to get your hands on a lot at the side of a great deal more beautiful designer Louboutin however anytime considering that cost these people settle back. [url=http://www.onlinebeatsbydreoutlet.com]buy beats by dre ireland[/url]

Anonymous said...

Alas, I am not a great artist or dancer or musician. [url=http://www.2012canadagoosepascher.fr]Canada Goose Pas Cher[/url] The claim to equality is made only by those who feel themselves to be in some way inferior.. Every time i slap the Jeep in 4X4 I feel like Bo and Luke Duke at low speed.. It is now a great vantage point from which to watch today's river traffic..
Shine on Lil' Momma.. [url=http://www.icanadagooseca.com]canada goose outlet[/url] depending where you are. [url=http://officialcanadagoosesoutlet.ca]canada goose[/url]
[url=http://flyballbags.com]canada goose toronto factory[/url] house2012 posted blog postsChicago nuova versione delle Female Obvious di Hogan, fantastica!Irresistibili the Pigalle Plato di Hogan rosso passione!Scarpe Hogan Primavera/Estate 201227 minutes agoyueyawan posted blog postsSleep had refreshed her and given her strengthThe wagon was very small and the boards about the sides very low34 minutes agomerry chi posted blog postsJust make sure you find in SEO companyThe new Sony Ericsson Xperia Arc45 minutes agolanyulei posted a blog postOriginal runners to use path the best ways to start with?Numerous other running shoes acquired lumbar region, fails to delay position done "smug". [url=http://www.onlinebeatsbydreoutlet.com]beats by dre tour fake how to spot[/url]