Thursday, June 13, 2013

Meisie deur slang ingesluk


Meisie deur anaconda ingesluk

Thursday, April 4, 2013

Is die duiwel letterlik los?

Hoekom kry 'n mens deesdae sulke afgryslike dade, soos moordenaars wat hul slagoffers se vel afskil, of hul liggame in stukke sny? Jy't nooit in die ou dae van so iets gehoor nie. Jy't ook nooit gehoor van baba's wat verkrag word, of ouers wat deur hul kinders vermoor word of kinders wat deur hul ouers gemolesteer word nie. Dan praat ek nie eens van kinders wat selfmoord pleeg nie!

Wat het van ons respek vir die lewe en vir mekaar as mense geword? 

Ek kyk gisteraand op TV na 'n video wat gewys word, van twee meisies wat onder luide toejuiging van die skare om hulle 'n katgeveg hou, met een van hulle se ma wat haar aanmoedig! Wat 'n soort ma doen so iets? 

Iemand sê nou die dag dit het alles met Satanisme te doen. Ek dink nie so nie. Satanisme is al met ons vandat ek my verstand gekry het, en in my tyd het jy eenvoudig nie van sulke grieselrige dade gehoor nie. Ek kan die moorde wat plaasgevind het op my twee hande tel want omdat dit iets seldsaam was het dit groot opspraak verwek.

Persoonlik neem ek ons ouers kwalik dat die mensdom besig is om tot in sy kern te verrot. Opvoeding begin by jou huis, van jou babatyd af. As 'n kind nie in 'n normale huis met normale ouers, wat baie aandag en liefde gee, grootword nie, is hy net baie meer vatbaar vir slegte invloede van buite af.

Vandag werk meeste ma's ook. Die ouers is dus altwee moeg as hulle by die huis kom. Oor die algemeen is hulle geirriteerd, met mekaar en met die kinders. Daar is dus nie sprake van gemeensaamheid nie. Met ander woorde, selfs in "goeie" huise word meeste kinders vandag taamlik afsydig grootgemaak. Dis waar boeliery ook vandaan kom. Kinders wat nie aandag kry nie haal hulle frustrasies op ander uit deur hulle te boelie.

En gaan kyk maar na alle reeksmoordenaars. Hulle kom almal uit gebroke huis en is as kinders verwaarloos en verniel. Dis dus hul ouers se skuld dat hulle later nie meer respek vir 'n lewe het nie.

Mense moet begin om weer 'n tuiste vir hul kinders te skep. Dis nou te laat vir die generasie wat reeds daar is. Maar dit kan 'n minder gewelddadige generasie vir die toekoms skep.

Monday, January 28, 2013

Iets betekenisvol

 
 
 

 
This has got to be one of the cleverest
E-mails I've received in awhile.
Someone out there
must be "deadly" at Scrabble..
(Wait till you see the last one)!
 



PRESBYTERIAN
 
: 
When you rearrange the letters:

BEST IN PRAYER
 



ASTRONOMER:
 
When you rearrange the letters:

MOON STARER
 



DESPERATION:
 
When you rearrange the letters:

A ROPE ENDS IT
 



THE EYES:
 
 
When you rearrange the letters:

THEY SEE
 



GEORGE BUSH:

When you rearrange the letters:

HE BUGS GORE
 



THE MORSE CODE
 :
When you rearrange the letters:

HERE COME DOTS
 


DORMITORY:
 
When you rearrange the letters:

DIRTY ROOM  

SLOT MACHINES:

When you rearrange the letters:

CASH LOST IN ME
 



ANIMOSITY:

When you rearrange the letters:

IS NO AMITY
  



ELECTION RESULTS:

When you rearrange the letters:
 
LIES - LET'S RECOUNT
 



SNOOZE ALARMS: 

When you rearrange the letters:

ALAS! NO MORE Z 'S
 



A DECIMAL POINT:
 
When you rearrange the letters:

I'M A DOT IN PLACE
 



THE EARTHQUAKES:
 
When you rearrange the letters:

THAT QUEER SHAKE
 



ELEVEN PLUS TWO:
 
When you rearrange the letters:
 

TWELVE PLUS ONE
 




AND FOR THE GRAND FINALE:
 


MOTHER-IN-LAW:

When you rearrange the letters:
 
WOMAN HITLER

Bet your friends haven't seen this one!!!
DON'T FORGET TO SHARE THIS
   
     
     
 

Wednesday, December 19, 2012

Te veel van 'n goeie ding

Ek is nie teen plastiese sjirurgie nie, sou dit self wou laat doen het as ek die geld daarvoor gehad het. Maar een ding is nie twee nie, daar is baie mense wat nie weet wanneer om op te hou nie, en Joan Rivers is beslis een van hulle. As ek genadig wil wees, sou ek sê sy begin nou al hoe meer na die Katvrou (ook bekend as Wildenstein) lyk en as ek naar wil wees sou ek sê na iets uit 'n horror movie. Ag nee, het sy dan nie 'n spieël om te sien wat sy aan haarself doen nie?

Tuesday, December 18, 2012

Tragedie

Dit was 'n amperse tragedie. En alhoewel hy nie dood is nie, is die gevolge van sy poging tot selfmoord so traumaties dat dit lank gaan vat voor hy volkome gaan herstel.

Jacques was 'n weggooikind. Sy pa is op dertigjarige ouderdom aan nierversaking dood. Sy ma, 'n alkolholis en prostituut, het Jaques sowel as sy pa (wat weens sy siekte 'n tingerige man was) mishandel het. Jacques was maar 8 jaar oud toe hy die eerste keer weggeloop het. 'n Polisieman het hom in die strate gekry en teruggevat huis toe. Nadat die polisieman weg is het sy ma hom toegesnou: "Vir wat het jy hom gesê waar jy bly? Ek soek jou nie hier nie."

Op twaalf het hy finaal weggeloop, ook uit die skool, en 'n straatkind geword wat gom en enige ander chemiese middel waarop hy sy hande kon lê gesnuif het. En dagga gerook het.

Hy was 17 toe my seun (toe 30) vervoer gery en die maer kind langs die pad sien staan het. Hy't by hom stilgehou. Jacques se eerste woorde was: "Het oom nie asb vir my 'n stukkie kos om te eet nie."

My seun het hom toe onder die vlerk geneem. En agterna eers agtergekom hoe beskadig hierdie kind was. Hy was bang vir die donker, en as hy alleen moes slaap het hy die bed natgemaak. Maar dit het mettertyd reg gekom.

Vir die laaste tien jaar of so bly ek saam met hulle twee. En gister toe probeer Jacques homself in 'n boom ophang. Die knoop in die tou het los gegaan en hy het op klippe geval en sy rug seergemaak. Ons weet nog nie hoe ernstig dit is nie; hy verduur erge pyn.

Hoekom? Dis weer 'n storie vir 'n ander tyd. Een wat ek amper te skaam is om te vertel.

Kliek op FOTO'S - KAN JY GLO! vir nuwe fotos oor vreemde motors en man sonder bene of arms asook die nuutste "modes"

Sunday, December 16, 2012

SUID-AFRIKA LOOP VOOR IN LAERSKOOLBOELIERY

Deesdae lees 'n mens kort-kort dat SA voorloop in iets, ongelukkig elke keer iets waaroor ons ons koppe in ons gatte moet steek van skaamte. Laas was dit korrupsie, nou is die boeliery in laerskole. KLEIN kindertjies wat boelie en wat geboelie word.

Ouers, word fokken wakker!!!! Dis JULLE skuld dat daar iets soos boeliery is. Leer julle bloedjies dis VERKEERD om soos honger wolwe op weerlose maatjies toe te sak en hulle af te knou. Dis LAFHARTIG. Pa's moet ophou om van sissies te praat as kinders nie van nature bakleiers is nie en hulle moet ophou om hulle aan te moedig om ander kinders 'reg te sien'. Ongelukkig is dit 'n hopelose situasie. Sulke pa's sien gewoonlik sy vrou en kinders met die vuiste reg, dié dat hy sy seun aanmoedig om in sy voetspore te volg. 

Nie alle ouers is skuldig nie. Daar is dié wat hul kinders ONTmoedig om te baklei, en hier kom die wrede ironie in. Dis dan hierdie vredeliewende kinders wat afgeknou en geboelie word. 

Wat ouers kan doen om hul kinders te bemagtig:
As dit enigsins moontlik is laat jou kind klasse in selfverdediging loop. Dit bou hul selfvertroue en maak dit vir hulle makliker om hulself in boelie-situasies te handhaaf.
Tweedens, bou voortdurend aan jou kind se selfbeeld. Laat hom in homself glo. Hy mag nooit kop onderstebo loop omdat hy minderwaardig voel nie. Al is hy skaam moet hy geleer word dis nie rede om ander se slaansak te wees nie.  Leer hom om sy kop hoog te hou en boelies te ignoreer. As hy lank genoeg daarmee kan aanhou sal hulle belangstelling verloor. Maak seker jou kind weet hoekom daar boelies is en wat agter boelies se laakbare gedrag sit, naamlik hul eie onsekerheid en minderwaardigheid. As jou kind dit eers kan verstaan sal hy al baie beter oor die situasie voel.
Gaan sien die skoolhoof en dreig hulle met die gereg as hulle nie plan maak met die boelie-probleem nie. Moenie dat hulle jou vertel dit bestaan nie in hulle skool nie. As dit moontlik is neem foto's of kry iemand om foto's ter stawing daarvan te neem. Betrek ander ouers en skop 'n bohaai op en moenie ophou voor daar nie iets gedoen word nie.
Daar's 'n rede hoekom boeliery nou in die laerskool reeds begin. Dis 'n siekte van ons tyd, ouers wat albei werk, wat alkolhol misbruik, rondslaap, partytjie hou, ens ens, en kinders wat hul frustrasies by die skool op onskuldige slagoffers gaan uithaal. Ongelukkig is hierdie soort ouers altyd diegene wat die hardste skree as daar vinger gewys word. Hulle wil almal 'dooddonner' en hoe durf iemand die vinger na hulle wys. Ek kan maar net vir hulle bid, gewoonlik is daar min salf aan hulle te smeer.
Kom mense, kom ons vat hande en beveg hierdie euwel met alles wat ons het. Dink net hoeveel duisende kinders se lewens sal daardeur verbeter word? En ook gered word. As jy weet jou buurvrou of suster of vriendin se kinders is afknouers, moenie bang wees om jou mond oop te maak nie. Praat. As hulle kwaad wil wees, so be it, net solank jy jou plig gedoen het. 
Ons mag nie langer toelaat dat onskuldige kindertjies se lewens deur boelies opgedonner word nie. 


Saturday, December 15, 2012

Het jy empatie of is jy 'n psigopaat?


Beantwoord die volgende vrae en hou telling van jou ja's: 

As jy 'n rondloperhond sien, sal jy jou oor hom ontferm deur of kos te gee, of huis toe te neem, of die DBV in kennis te stel.

As jy vermoed 'n kind word mishandel, sal jy die polisie of die welsyn daarvan laat weet en seker maak dit word opgevolg.

As jy vermoed troeteldiere word mishandel, sal jy die DBV in kennis stel. 

As jy sien of hoor 'n man slaan sy vrou, sal jy ingryp of ten minste die polisie laat kom.

Jy gee graag bydraes vir liefdadigheid.

Jy gee altyd iets vir 'n bedelaar.

As jou buurman vakansie gaan hou sonder om vir sy diere voorsiening te maak, sal jy ingryp en sorg tot hy terug is. Of die DBV daarvan laat weet.

As jy weet jou buurvrou, 'n vriendin of familielid  gaan deur 'n moeilike tyd sal jy soveel tyd moontlik saam met die persoon deurbring pleks van haar te vermy.

As jy sien groter kinders pak 'n kleiner een, sal jy ingryp of hulp ontbied om die bakleiery te stop.

Dit ontstel jou hewig as jy hoor van 'n slagting onder robbe, walvisse en renosters.

As jy hoor van mense, veral kinders wat swaarkry, huil jy maklik daaroor.

As jy hoor van 'n bejaarde wat alleen en hulpbehoewend is, sal jy jou hulp gaan aanbied.

Jy doen gereeld vrywillige werk onder armes, siekes en bejaardes.

As jy by 'n boemelaar verbyry terwyl dit sneeu en hy het net 'n dun kombersie oor, sal jy hom oplaai en na jou huis of enige ander skuilplek vat. Of anders 'n ekstra kombers en miskien warm kos vir hom bring.

Jy vra altyd vir bejaardes wat te voet is of jy hulle 'n geleentheid kan gee.

Jy vra jou huishulp, of tuinhulp of kollega altyd uit oor hul omstandighede tuis, veral as jy weet daar is probleme.

As iemand erg beseerd op jou voorstoep staan en aan jou deur hamer, sal jy help, al is dit net om die nooddienste te bel as jy te bang is om oop te maak.

As jy hoor van 'n kind wat op die skoolterrein geboelie word, sal jy dit by die hoof gaan aanmeld.

Jy verafsku foto's of TV tonele waar roofdiere hul prooi plattrek.

Jy dink om 'n kind aan die dood te verloor is die ergste ding wat 'n ouer kan tref.  

Wat jou aantal ja's van jou karakter sê:

16-20   Jou pad hemel toe is geteer. Jy's 'n engel en enige dier of mens wie se paadjie met joune kruis, kan hulself gelukkig ag.

11-15   Jy is soos meeste ander mense, jy gee om solank daar nie te veel van jou verwag word nie.

15-10   Jy is 'n koue en selfsugtige mens wat net vir jouself en diegene naby jou omgee. Die res van die wêreld skeel jou eintlik maar min.

0 -09   Behoede diegene wie se paadjies met joune kruis want jy is uit en uit 'n psigopaat. Ongelukkig is daar nie hoop vir psigopate nie want hulle word gebore met 'n totale gebrek aan empatie.

Waar's goeie maniere heen?

Die samelewing het 'n onverdraagsame en ongeskikte spulletjie geword. Kyk maar oral hoe dit gaan. Niemand gun iemand meer 'n eie mening nie.

Met sportbyeenkomste vloek die verskillende spanne se ondersteuners mekaar met die vieslikste goed of gooi mekaar met vrugte of wat hulle ookal as projektiele kan gebruik. Soms word daar selfs vuisgeslaan! En dis belaglik. Mense is nie eenders nie, daarom sal daar altyd verskillende opinies wees.

In koerante bevat die eerste kommentaar op 'n berig gewoonlik iets wat oor die berig gaan. Nou kom iemand en sê vir daardie kommentator hy of sy is 'n pampoenkop om so te redeneer, en net daar is die hel los en ontaard die res van die kommentare in 'n oor en weer gevloek en slegsêery. Ek het al gesien veral godsdiens lok gewoonlik 'n volskaalse oorlog uit. Kan nie verstaan hoekom nie. Bestaan daar nie meer so iets soos gesonde debatvoering nie?

Gaan kyk ook by die Facebookbladsye van bv. sepies. Om 'n voorbeeld te noem: iemand het nou onlangs na 'n kort manlike karakter as "daai dwerg" verwys. Was dit nou nodig om die akteur so seer te maak? Sy gebrek aan lengte is mos nie sy skuld nie. Die karakter Delia van Binneland loop gereeld deur oor haar hare. Die aanmerkings wissel van: "Sy lyk of sy uit 'n vuilgoedmandjie uit kom" tot "Dit laat haar perdegesig nog langer lyk as wat dit reeds is." Ons mag sê ons hou nie van iets nie maar hoekom moet ons mense persoonlik aanval as ons dit doen? Dis lelik en onbedagsaam en onopgevoed. Daar is ordentlike manier om iets te sê, soos: "Ek wens hulle wil Delia se haarstyl verander, sodat dit nie so slordig lyk nie." Die vervaardigers sal dan ook die boodskap kry sonder dat jy 'n mens seergemaak het.

Ai, en dan kry 'n mens jou tipiese padvarke, waarvan daar ongelooflik baie is. Dit toet vir elke bakatel, beduie vir jou met die middelvinger as jy durf waag om 'n fout te maak, vloek jou dat jy nie weet of jy kom of gaan nie, probeer jou van die pad afdruk of keer dat jy na 'n sekere rigting afdraai. G'n wonder daar is so baie gevalle van padwoede nie.

G'n wonder daar is so baie geweld in ons land nie!



Skoolskiet en boeliery

Het pas gelees van nog 'n skoolskietery, waar die 20 jarige Adam Lanza 20 kinders, 6 onderwysers, sy ma en homself doodgeskiet het.

Nou sal ek my lewe daarop verwed dat hy as kind geboelie en tien teen een by sy huis ook mishandel is. Gaan kyk maar na al die gevalle van skoolskietery, elkeen daarvan word gepleeg deur kinders wat geboelie is.

Dit sluit aan by my vorige insetsels oor boeliery. Hoe gouer ouers en skole besef hulle moet dit uitroei hoe beter. Dit raak net al erger en die gevolge is soms skrikwekkend en rampspoedig. Ek dink as jy gaan kyk, sal jy sien dat alle gewelddadigheid van boeliery af kom. Iemand wat so gebreek word dat hy geen menswaardigheid meer oor het nie, het ook nie respek vir 'n ander se lewe nie. Om dus jou deel te doen om boeliery stop te sit, is om die samelewing 'n veiliger plek te maak.

Ek voel baie sterk oor boeliery. Seker omdat ek as kind ook deurgeloop het en weet hoeveel skade dit aan 'n mens se selfbeeld doen. Ek het baie oud geraak voor ek besef het dit was dom van my om daardie lafhartige boelies toe te laat om my lewe van my af weg te vat.

Nog 'n gebeure wat my erg aangegryp het, was toe ek 'n jaar of wat terug gelees het van 'n 10 jarige wat selfmoord gepleeg het omdat hy nie meer die boelies se afknouery en gespot kon verduur nie en tuis geen ondersteuning van sy ouers gekry het nie. TIEN jaar oud! Dis 'n skreiende aanklag teen hulle wat veronderstel was om hom veilig te hou!

Ons behoort almal ons ore en oë oop te hou, oral, nie net by skole nie. As jy 'n bakleiery tussen kinders sien, roep die polisie se hulp in as jy nie kans sien om dit stop te sit nie, want dit sal tien teen een weer 'n spul boelies wees wat iemand gepak het. As jy dit by die skool sien, doen daai bietjie moeite en gaan lig die skoolhoof in. Hulle moet begin optree pleks van ontken dat sulke euwels by die skole plaasvind. Want dis ORAL.

Thursday, December 13, 2012

Empatie, waar begin dit?

Kinders het nie empatie nie. Eintlik het kinders nog geen emosies solank hulle klein is nie. 'n Baba is heeltemal emosieloos. Hy huil as hy honger, seer of ongemak het. Later, in kleutertyd, ontwikkel hy vrees. Vir seerkry, vir sekere objekte, diere of mense, vir donker, vir slae ens. Maar hy het nie 'n druppel empatie vir iemand anders nie. Hy weet eenvoudig nie wat dit is nie. 'n Kleuter sal 'n klein katjie doodwurg sonder om 'n oog te knip. As sy pa of ma mekaar voor hom te lyf gaan, sal hy huil, nie omdat hy vir een van hulle jammer voel nie, maar omdat dit hom bang maak. Kleuters ken eintlik net vrees en vreugde. Vreugde gewoonlik wanneer hulle iets kry wat hulle begeer of iets wonderliks met hul oë waarneem, soos bv. die sirkus.

Dis hoekom ouerbetrokkenheid van babatyd af so ontsettend belangrik is! Nie verniet dat die oumense gesê het buig die boompie solank hy jonk is nie. Al kan jy nie empatie by jou kind ontwikkel as hy nog so klein is nie (bloot omdat hy nog nie daartoe in staat is nie) is dit noodsaaklik dat jy hom die reg en verkeerd inprent. Al verstaan hy nog nie hoekom nie, moet hy weet dis verkeerd om 'n dier te verniel, of om 'n ander kind te byt of seer te maak. Doen jy dit nie, gaan hy sy jongkind dae in met die idee dat dit in orde is om ander te pynig. Moenie vir hom sê "Siestog, kyk hoe huil jou maatjie nou omdat jy hom geslaan het," nie; sê eerder vir hom: "Jy gaan gestraf word as jy kinders of diere seermaak." Omdat vrees steeds die emosie is wat die grootste rol in hierdie stadium speel, is dit die enigste 'taal' wat hy verstaan en respekteer. Ouers wat vir hul kinders lang preke oor die reg en verkeerd van hul dade afsteek, mors werklik net hulle tyd. Daai kinders neem nie 'n kwart daarvan in nie, glo my!

Eers as kinders begin skoolgaan, begin hulle ook ander emosies ontwikkel. Waarvan skaamheid die algemeenste is. Maar steeds geen deernis of empatie nie. Dis wat boeliery so sleg maak. Kinders het eenvoudig nie die vermoë om vir die slagoffer jammer te voel en te probeer help nie. Jy gaan twee reaksies kry: kinders wat onbetrokke sal toekyk terwyl die boelie sy slagoffer afknou, en kinders wat die boelie sal aanmoedig of selfs meedoen aan die gespot. Jy gaan nie daarin slaag om jou kind te oorreed om in te meng en die boeliery te probeer stopsit nie, niemand wil in elk geval jou kind op so 'n wyse blootstel en dalk van hom die boelie se volgende slagoffer maak nie, maar leer hom ten minste om weg te stap pleks van toe te kyk. Hoe minder aandag 'n boelie kry hoe groter is die moontlikheid dat hy belangstelling in sy slagoffer sal verloor.

Maar terug by empatie. Ons begin dit eers in ons twintigerjare ontwikkel. En dit bereik 'n hoogtepunt tussen vyftig jaar en ouer. Op hierdie stadium huil ons gewoonlik snot en trane as ons van ander se swaarkry hoor.

Meeste van ons ontwikkel empatie. Maar daar is ook diegene wat dit nooit sal ontwikkel nie. Hulle word sosio- of psigopate genoem. En nee, al is 99% reeksmoordenaars psigopate, beteken dit nie dis net reeksmoordenaars wat psigopate is nie. Ongelukkig is hulle volop in ons samelewing.

Dit kan jou buurman wees wat sy hond gereeld genadeloos skop en slaan. Of sonder kos los as hy met vakansie gaan. Of wat hom aan 'n kort ketting in die bloedige son vasmaak.

Dit kan ook jou broer wees wat die een vrou na die ander se hart breek sonder om ooit 'n greintjie berou te toon.

Of iemand wat sy vrou vir 'n slaansak gebruik en miskien nog by sy vriende daaroor spog.

Dis ongetwyfeld die pa (of ma) wat hul kinders mishandel.

Dis die kind wat sy ouer by 'n ouetehuis aflaai en nooit weer gaan kuier nie (tensy die ouers hom of haar rede gegee het om so harteloos op te tree, wat ongelukkig dikwels die geval is).

Dis die skoondogter wat weier dat haar kinders se oupa en ouma hul kleinkinders sien net omdat sy nie van hulle hou nie.

Of die geskeide vrou wat die kinders se pa toegang weier net om hom by te kom.

Hoe weet jy of jy dalk 'n psigopaat is?

Kom ons vat 'n voorbeeld. Jy val oor die hond en in jou woede gee jy hom 'n skop. Dit maak nie van jou 'n psigopaat nie, net 'n mens wat in die hitte van die oomblik opgetree het. Maar gestel die hond lê rustig en slaap en jy gaan gee hom 'n skop, sommer net omdat sy pynlike tjankie soos musiek in jou ore is. Dan kan jy maar weet jy's 'n psigopaat.

Nog 'n voorbeeld. Gestel die man en sy vrou baklei en hy slaan haar dood. Dit beteken nie noodwendig hy is 'n psigopaat nie. Miskien het sy hom verkul of gedreig of getart, as daar provokasie was en hy haar daaroor geslaan het, kan dit wees dat hy volkome in die passie van die oomblik opgetree het. Maar as hy haar moord beplan en dit koelbloedig uitvoer... Wel net 'n psigopaat sal so iets regkry.

Nog belangrike kenmerke van psigopate is:
Geen sin vir humor nie.
'n Psigopaat kan superslim wees, maar nie intelligent nie.
Iemand wat sonder trane huil. Psigopate is in staat om enige emosie na te boots om hul sin te kry. Hulle is uitmuntende toneelspelers, asook manipuleerders.

Maar die beste manier om te weet of jy of iemand anders 'n psigopaat is is as jy jou aan enige vorm van wreedheid skuldig maak sonder om sleg te voel.



AAN DIE MODEFRONT










Van Toepassing Op Suid-Afrika?


Tuesday, December 11, 2012

Boeliery - euwel van ons tyd

Hoekom is party kinders baie meer vatbaar vir boeliery as ander? Met ander woorde, watter soort kinders is die kwesbaarste? En kan daar iets daaromtrent gedoen word.

Dis altyd die skaam of teruggetrokke kind wat geboelie word. Die een met min selfvertroue. Dus, as ouers kan begin om hul kinders van kleinsaf met selfvertroue te 'bewapen' kan dit verhoed dat hulle later jare geboelie gaan word. En glo my, dis nie net kinders wat op so 'n slagoffer pik nie, dis baiekeer leerkragte ook. Dus, leer jou kind om sy man te staan. Vergeet daai ding van ouer mense wat altyd gerespekteer moet word. Dis wanneer jy die boelie-onderwyser aanmoedig om 'n kind te verniel. Jou kind moet weet hy het die reg om op respek aan te dring. Hy het die reg om terug te praat as hy in sy hart oortuig is die onderwyser is verkeerd. Hy mag nie brutaal, moedswillig of ongeskik wees nie, maar hy moet ferm wees. 'n Persoon met 'n gedetermineerde houding dwing altyd respek af.

Leer jou kind om homself lief te hê, vertel hom gereeld hoe 'n wonderlike mense hy is, selfs al vaar hy nie akademies of sportief goed nie. Hoe meer dit by hom ingeprent word, hoe beter sal hy oor homself voel en dit sal in sy skoolwerk weerspieël word. Leer jou kind die krag van positiwiteit, dat hy met lag en geesdrif moet leef. Leer hom om nie koes-koes deur die lewe te gaan nie. Om veral nooit negatiewe aanmerkings of spottery kop toe te vat nie. As hy weet dié soort gedrag kom van kinders (of volwassenes) wat sleg oor hulself voel, sal hy die boeliery met die minagting verwerp wat dit verdien. Laat hom verstaan dis jaloesie omdat hy so wonderlik is wat boeliery aanmoedig. En dat as hy dit lank genoeg ignoreer, dit sal ophou.

Dis ongelukkig so dat die boelies altyd iemand kies wat wys hoe seer hy of sy kry. Hulle put lekkerte daaruit om iemand anders se vernedering en lyding te aanskou. Deur dus vir hulle te wys hoe erg hulle spot en afknouery hul slagoffer raak, gee jy hulle absoluut wat hulle wil hê. Terselfdertyd, as hulle min of geen reaksie kry nie, verloor hulle belangstelling.

Kinders kan nie boeliery alleen hanteer nie, dis hoekom dis so noodsaaklik is dat ouers daarvan weet. Hulle kan hulle kinders raad gee en bemagtig. Dit sal ook goed wees as die boeliery onder die skoolhoof se aandag gebring word, maar slégs as hy nie jou kind se naam gaan noem nie.

Skole behoort 'n baie groter rol te speel in die bekamping van boeliery. Ek weet nie waarom daar prefekte is as hulle nie 'n ogie kan hou nie. Hulle behoort seker te maak dit gebeur nie en dit dadelik te rapporteer as hulle van 'n geval weet. Die boelie se ouers moet ook betrek word, want dis alte dikwels direk hulle skuld wanneer hulle kind 'n boelie raak.

Watter soort kind raak 'n boelie?
Beslis nie die een wat 'n goeie opvoeding, liefdevolle ouers en dissipline ontvang het nie. So 'n kind het gewoonlik genoeg vertroue in homself om nie nodig te hê om met laakbare gedrag aandag te trek nie.

Die boelie kom gewoonlik uit 'n huis waar die ouers of geskei is of waar hyself erg mishandel word. Al manier hoe hy beter oor homself kan voel is wanneer hy kleiner kinders boelie want dan verbeel hy hom verkeerdelik die ander kinders bewonder hom daaroor.

En gewoonlik is die omstanders se gedrag so aanmoedigend dat dit inderdaad so kan voorkom. Dis hoekom alle ouers hul kinders moet leer om nie boeliery goed te keer nie. Nie net dit nie. Hulle moet openlik wys dat hulle dit afkeer deur saam te staan en die boelie te vra om op te hou. Of as hulle nie die moed daarvoor het nie, moet hulle wegstap sodat die boelie nie 'n 'gehoor' het nie.

Leer jou kind om nooit ooit 'n ander kind te terg nie, veral nie oor een of ander gebrek nie. Onthou, niemand vra om 'anders' te wees nie. Ons moet ons kinders leer om met dankbaarheid te leef as hulle nie diegene is met wie daar spot gedryf word of wat onder die boelies se afknouery deurloop nie.

Boeliery laat lewenslange merke op die slagoffers. Hulle sukkel later jare steeds met 'n tekort aan selfvertroue. Moenie dat jy of jou kinders aan so iets skuldig wees nie. As ons almal saamstaan en ons kinders anders begin leer gaan daar dalk minder kinders wees wat selfmoord pleeg omdat hulle die geboelie nie meer kon vat nie.




Friday, December 7, 2012

Illuminati

Al ooit van die Illuminati gehoor? Ook bekend as Rainman? Daar word beweer dis 'n Derde wêreldorde en behoort aan die duiwel self. Ek het eers gedink dis 'n gogga maak vir baba bang soort gerug, tot ek begin navraag doen het. Ek het toe die volgende uitgevind:

Beroemdes soos Eminem (Marshall Bruce Mathers) Rianah, Kenya West, Kenny Rogers (ja, heelwat van die ou manne ook!) lady Gaga, Michael Jackson, Amy Winehouse, en eintlik meeste van die swart rap sterre, het blykbaar hul roem en sukses daaraan te danke dat hulle hul siele aan ou Niek verkoop het. Volgens Eminem is dit die rede hoekom hy sy ma so vloek in sommige lirieke. Dis deel van die ooreenkoms. Wat my laat wonder of ons eie plaaslike vuilbek Die Antwoord nie dalk ook hulle siele vir hul sukses ingeboet het nie!

Elk geval volgens Eminem is dit onmoontik om van die illuninati af weg te breek as jy nie meer daarvoor kans sien nie. Wat eerste gebeur is dat skandale jou begin tref, (dink maar aan Michael Jackson se kastige kindermolestereerdery. Ek was nie 'n fan van hom nie, maar ek het ook nooit daai storie geglo nie, hy was self nog te kinderlik om so iets te doen. Dink ook aan Amy Winehouse se dwelmverslawing en hoe sleg dit met haar gegaan het voor sy dood is) En as die skandale nie help om jou weer 'gehoorsaam' te maak nie, word jy gedood. Eenvoudig soos dit.

Dit maak sin. Kyk maar net hoeveel mense gril nie vir lady Gaga nie, tog woon hulle haar konserte in hul miljoene by! Ek het so 'n nare idee dis wat met die jong Justin Bieber ook gebeur het. Kom nou, mense, sy stemmetjie is niks beter as meeste jong laaities s'n nie! Weereens, ons eie Die Antwoord - wil julle my werklik sê die gemors wat daai grillerige vrou kwytraak is 'sang' of 'kuns'? Tog is hulle sukses fenomenaal!

Google gerus maar Illuninati en kyk wat jy alles kry. Dis veronderstel om die hele wêreld op die ou end oor te vat. Mens kan bang raak en maar net hoop God gaan dit nie toelaat nie. 

Ek het net gou gaan google om vir julle 'n link of twee te kry en sowaar, daar is Justin Bieber toe regtig op hulle lys van lede!!!! Gaan op eerste link in, dan kry jy 'n lys van bekendes wat aan die iluminati behoort. Tot Britney Spears ook! 


http://naijagists.com/illuminati-members-exposed-signs-symbols-of-illuminati-2012/
http://www.sjgames.com/illuminati/50awful.html
http://www.illuminati-news.com/

Friday, November 30, 2012

Massa Histerie

Het gister weer een van daai bangmaak eposse gekry: Aandag blankes, wees gewaarsku, van die 30 November tot 16 Desember gaan die swartes julle uitmoor. Sluit julle toe, moenie op straat waag nie, moenie dit of dat nie.

Hierdie regste groepe is seker die grootste euwel waarmee ons land sit. Hulle maak ons negatief en hulle wakker gedagtes by die vyand aan wat kon gebly het. Onthou, swartes lees hierdie goed en daai wat boos is sal dan dadelik dink, hoekom nie?

Dis nie nodig dat ons lewens met sulke bangmaak boodskappe versuur word nie. Ons weet mos darem teen die tyd dat ons paraat moet leef. Ons sluit in elk geval ons deure, ons waag dit nie alleen in plekke waar ons weerlose teikens mag wees nie, ons is op ons hoede.

Pleks dink ons liewer daaraan dat ons land in vergelyking met Amerika steeds beter is om in te woon. Ek lees nou die daag daar is jaarliks driehonderd plus reeksmoordenaars wat elk 'n hele klomp mense vermoor. Van hoeveel weet jy hier by ons?

Ja, ons misdaad is hoog, maar teen hierdie tyd het die meeste van ons al aanvaar dis hier om te bly en ons lewe daarvolgens. Dis soos 'n plaag. Party lande sukkel met malariamuskiete, ander met slange en skerpioene of spnnekoppe, ons sukkel met swart gevaar wat geen respek vir die lewe het nie, maar net soos jy jou moet inspuit teen malaria, so tref ons hier ook voorsorg. So, ons het nie hierdie doemprofete nodig om die lewe vir ons nog moeiliker te maak en idee's in die verkeerde elemente se plat koppe te plant nie! 

Monday, November 26, 2012

MOORDE- Ons polisie IS pateties

Ek kyk die afgelope twee weke op kykNET na Kriminele Meesterbrein, die Leigh Matthews moord van 'n paar jaar terug. En ek  besef: as die polisie hul werk gedoen en daadwerklik (proaktief) opgetree het, sou daai mooie meisiekind vandag nog geleef het.

Vir diegene wat vergeet het, Lee was 'n student en sy was die betrokke dag op pad na haar kar toe 'n medestudent, Donovan Moodley, 'n Indierman en die seun van 'n predikant of pastoor, haar op die kampus se parkeerterrein  voorgelê en ontvoer het. Hy het toe haar ouers gebel met die eis van 'n losprys van R50,000, wat hulle dadelik bymekaar gemaak het.

En hier kom die ironie in. Die Matthewse het toe besluit om die "regte" ding te doen en die polisie te betrek. Onse oulike polisie het toe hulle ding gedoen, wat dit ookal was. Moodley het vir die Matthews man gesê waarheen hy die geld moet wat en hy het die inligting aan die polisie deurgegee. Een van die polisie is toe saam met hom. 'n Mens verwag mos nou dat die polisie betrek is om seker te maak hulle gaan die ontvoerder vastrek die oomblik as die geld oorhandig word, nie waar nie? Dis hoe dit oorsee werk.

Toe nie hier in Suid Afrika nie. Terwyl Leigh gemuilband en vasgemaak in Moodley se kar se kattebak gelê het, het hy haar pa gaan voorlê vir die geld. Die polisieman het toe, ongelooflik soos dit ookal klink, 'n entjie van die oorhandigsplek af uitgeklim en daar weggekruip, nugter alleen weet hoekom, waarvoor of vir wie. Was hy dalk bang vir die ontvoerder? Wat het hy saam met Moodley daar gaan soek as dit nie was om die ontvoerder te vang nie. Want in daardie stadium het Leigh nog geleef en was sy 'n paar tree van haar pa af. As die polisie hulle werk gedoen het, kon hulle vir Moodley gevang het want hy was alleen en dan sou hulle vir Leigh in die kattebak gekry het.

Maar nee, hy is weer met haar vort en toe het hy haar uit die kar laat klim en van agteraf in die kop geskiet, die fokken vark.

As ek die Matthewse was sou ek die polisie vir alles wat hulle het gedagvaar het vir hopeloosheid, en onbekwaamheid, en lafhartigheid en sommer net slegtigheid. Daai meisiekind moes nie doodgemaak gewees het nie. Dis nie reg dat sy die prys vir ons land se swak polisiediens moes betaal het nie. Ek praat nie eens van die misdaad nie.

Leigh, die slagoffer


Donovan Moodley die moordenaar

Friday, November 23, 2012

Leef vir die Hier en die Nou

Hoeveel van ons geniet die oomblik waarin ons verkeer? Ek dink bitter min. Ons smag altyd na die toekoms ten spyte daarvan dat dit beteken ons wens ons dood nader!
       En hierdie gewensery vir môre begin al kleintyd. Ons wens ons kan skool toe gaan. Dan wens ons ons kan klaarmaak met skool en gaan werk. Dan wens ons ons kan trou en gelukkig wees.
       Ons leef altyd vir iets wat nog in die toekoms gaan gebeur. Ons wens vandag om. Ons wens trouens elke minuut om sodat dit nader kan kom aan een of ander vervulling waarop ons wag. Maar die ironie is ons kom nooit daarby uit nie, want as jy daai nuwe kar of huis of meubelstuk gekry het, of daardie partytjie waarna jy so uitgesien het breek uiteindelik aan, of jy kry jou droomman, of daai tjek waarvoor jy nou al hoe lank wag is uiteindelik in jou rekening, dan wens jy alweer vir iets wat nog in die toekoms moet gebeur.
      Dit beteken ons leef NOOIT voluit nie, ons leef op verwagtinge. Ons voel nooit gelukkig in die oomblik van NOU nie, want ons dink te veel aan iets anders wat vorentoe moet gebeur. Miskien moet ons begin om daadwerklik in die nou te leef en dit waarmee jy besig is te probeer geniet, dan sal ons nie altyd so gefrustreerd, ongeduldig en ongelukkig wees nie.
      Begin by jou eettyd. Pleks van kos af te sluk, geniet elke happie daarvan, ontspan terwyl jy dit eet en dink aangename gedagtes pleks van aan goed wat jou gespanne of bekommerd maak. As jy werk, probeer dit met 'n positiewe gesindheid doen. Sê vir jouself: ek geniet dit wat ek op hierdie oomblik doen, want dit beteken het hét nog 'n werk! Die môre waarna jy so smag gaan dalk vir jou ongeluk of iets negatiefs bring, so leef in die hier en die nou.

Gangham Style.

Thursday, November 22, 2012

Die Hartseer van 'n Idealis

'n Week nadat sy haar droomman ontmoet het, sien sy hom vir die eerste keer dronk en luidrugtig. Maar dit pla haar nie in die minste nie. Mans drink mos maar en partykeer haak hulle uit, maar dit beteken nie hulle is alkoholiste of kroegvlieë nie.

Omdat sy 'n positiewe mens is glo sy in elk geval sodra hul verhouding ernstig raak sal hy minder tyd saam met sy drinkebroers spandeer en meer saam met haar. Sy glo hy sal verander.

Sy maak nie beswaar toe hy op seks begin aandring nie. Dis tog deel van 'n verhouding, en 'n teken dat hy vir haar omgee. En miskien sal hy nou ophou om so vir ander vrouens ogies te maak.

Sy is seker as hulle eers verloof geraak het sal hy al sy streke laat staan. Sy glo hy sal verander.

Hulle raak uiteindelik verloof, en een aand, nadat hy weer saam met sy vriende gekuier het, gee hy haar 'n paar klappie. Sy is erg geskok, maar besef dis omdat hy dronk is. Hy sal nooit so iets doen as hy nugter is nie. Daarvoor het hy net te veel respek vir haar.

Sy is in elk geval seker as hulle eers getroud is sal hy heeltemal verander.

Hulle trou 'n paar maande later. Tot haar ontnugtering kom hy nie tot inkeer nie. Hy  is nou gereeld dronk en as hy tuiskom slaan hy haar. Sy begin wegkruip sodat mense nie die merke en blou kolle aan haar moet sien nie. Sy voel so verneder. Hoe kan hy die vertroue tussen hulle so skend?

Tog bly sy by hom en is sy oortuig daarvan as hulle eers kinders het sal hy rustig raak en verander in die droomman waarvoor sy hom aanvanklik aangesien het.

Maar namate die kinders aankom raak hy net erger Hy is amper nooit meer tuis nie, het die een affair na die ander en sy is nou niks anders as 'n slaansak vir hom nie. Sy besef hulle kan nie so aangaan nie. Maar sy bly by hom, ter wille van die kinders. Sy wil hulle nie ontwrig nie.

So bly sy hoop en glo en vertrou dat hy sal verander.

So bly sy haarself bluf en 'n rat voor die oë draai en gooi sy haar lewe in die proses weg.

Want mans wat hul vrouens minag verander NOOIT.


'n Mode-voorspelling

Ek gaan nou my lyf psychic hou en voorspel dat pofbroeke, of clown pants, soos dié wat narre in sirkusse dra, binnekort die nuwe modegier gaan wees, en dit gaan veral jong mense wees wat dit dra. Sal kyk of ek 'n prent kan opspoor van hoe so 'n broek lyk maar dis pof om die boude, die sitvlak hang laag, amper tussen die knieë en die pype raak nouer ondertoe en span styf om die kuite. Kom ons kyk of ek reg was!

So, watch this space!

AANDAG: VLUG IS GEREED!


Wie't  gesê 'n mens kan ooit te oud vir plastic surgery wees?



En wie't gesê 'n mens kan ooit te oud vir modes wees?

Siestog, ek wonder waar sy vlug so lank vertraag was?