Friday, November 30, 2012

Massa Histerie

Het gister weer een van daai bangmaak eposse gekry: Aandag blankes, wees gewaarsku, van die 30 November tot 16 Desember gaan die swartes julle uitmoor. Sluit julle toe, moenie op straat waag nie, moenie dit of dat nie.

Hierdie regste groepe is seker die grootste euwel waarmee ons land sit. Hulle maak ons negatief en hulle wakker gedagtes by die vyand aan wat kon gebly het. Onthou, swartes lees hierdie goed en daai wat boos is sal dan dadelik dink, hoekom nie?

Dis nie nodig dat ons lewens met sulke bangmaak boodskappe versuur word nie. Ons weet mos darem teen die tyd dat ons paraat moet leef. Ons sluit in elk geval ons deure, ons waag dit nie alleen in plekke waar ons weerlose teikens mag wees nie, ons is op ons hoede.

Pleks dink ons liewer daaraan dat ons land in vergelyking met Amerika steeds beter is om in te woon. Ek lees nou die daag daar is jaarliks driehonderd plus reeksmoordenaars wat elk 'n hele klomp mense vermoor. Van hoeveel weet jy hier by ons?

Ja, ons misdaad is hoog, maar teen hierdie tyd het die meeste van ons al aanvaar dis hier om te bly en ons lewe daarvolgens. Dis soos 'n plaag. Party lande sukkel met malariamuskiete, ander met slange en skerpioene of spnnekoppe, ons sukkel met swart gevaar wat geen respek vir die lewe het nie, maar net soos jy jou moet inspuit teen malaria, so tref ons hier ook voorsorg. So, ons het nie hierdie doemprofete nodig om die lewe vir ons nog moeiliker te maak en idee's in die verkeerde elemente se plat koppe te plant nie! 

Monday, November 26, 2012

MOORDE- Ons polisie IS pateties

Ek kyk die afgelope twee weke op kykNET na Kriminele Meesterbrein, die Leigh Matthews moord van 'n paar jaar terug. En ek  besef: as die polisie hul werk gedoen en daadwerklik (proaktief) opgetree het, sou daai mooie meisiekind vandag nog geleef het.

Vir diegene wat vergeet het, Lee was 'n student en sy was die betrokke dag op pad na haar kar toe 'n medestudent, Donovan Moodley, 'n Indierman en die seun van 'n predikant of pastoor, haar op die kampus se parkeerterrein  voorgelê en ontvoer het. Hy het toe haar ouers gebel met die eis van 'n losprys van R50,000, wat hulle dadelik bymekaar gemaak het.

En hier kom die ironie in. Die Matthewse het toe besluit om die "regte" ding te doen en die polisie te betrek. Onse oulike polisie het toe hulle ding gedoen, wat dit ookal was. Moodley het vir die Matthews man gesê waarheen hy die geld moet wat en hy het die inligting aan die polisie deurgegee. Een van die polisie is toe saam met hom. 'n Mens verwag mos nou dat die polisie betrek is om seker te maak hulle gaan die ontvoerder vastrek die oomblik as die geld oorhandig word, nie waar nie? Dis hoe dit oorsee werk.

Toe nie hier in Suid Afrika nie. Terwyl Leigh gemuilband en vasgemaak in Moodley se kar se kattebak gelê het, het hy haar pa gaan voorlê vir die geld. Die polisieman het toe, ongelooflik soos dit ookal klink, 'n entjie van die oorhandigsplek af uitgeklim en daar weggekruip, nugter alleen weet hoekom, waarvoor of vir wie. Was hy dalk bang vir die ontvoerder? Wat het hy saam met Moodley daar gaan soek as dit nie was om die ontvoerder te vang nie. Want in daardie stadium het Leigh nog geleef en was sy 'n paar tree van haar pa af. As die polisie hulle werk gedoen het, kon hulle vir Moodley gevang het want hy was alleen en dan sou hulle vir Leigh in die kattebak gekry het.

Maar nee, hy is weer met haar vort en toe het hy haar uit die kar laat klim en van agteraf in die kop geskiet, die fokken vark.

As ek die Matthewse was sou ek die polisie vir alles wat hulle het gedagvaar het vir hopeloosheid, en onbekwaamheid, en lafhartigheid en sommer net slegtigheid. Daai meisiekind moes nie doodgemaak gewees het nie. Dis nie reg dat sy die prys vir ons land se swak polisiediens moes betaal het nie. Ek praat nie eens van die misdaad nie.

Leigh, die slagoffer


Donovan Moodley die moordenaar

Friday, November 23, 2012

Leef vir die Hier en die Nou

Hoeveel van ons geniet die oomblik waarin ons verkeer? Ek dink bitter min. Ons smag altyd na die toekoms ten spyte daarvan dat dit beteken ons wens ons dood nader!
       En hierdie gewensery vir môre begin al kleintyd. Ons wens ons kan skool toe gaan. Dan wens ons ons kan klaarmaak met skool en gaan werk. Dan wens ons ons kan trou en gelukkig wees.
       Ons leef altyd vir iets wat nog in die toekoms gaan gebeur. Ons wens vandag om. Ons wens trouens elke minuut om sodat dit nader kan kom aan een of ander vervulling waarop ons wag. Maar die ironie is ons kom nooit daarby uit nie, want as jy daai nuwe kar of huis of meubelstuk gekry het, of daardie partytjie waarna jy so uitgesien het breek uiteindelik aan, of jy kry jou droomman, of daai tjek waarvoor jy nou al hoe lank wag is uiteindelik in jou rekening, dan wens jy alweer vir iets wat nog in die toekoms moet gebeur.
      Dit beteken ons leef NOOIT voluit nie, ons leef op verwagtinge. Ons voel nooit gelukkig in die oomblik van NOU nie, want ons dink te veel aan iets anders wat vorentoe moet gebeur. Miskien moet ons begin om daadwerklik in die nou te leef en dit waarmee jy besig is te probeer geniet, dan sal ons nie altyd so gefrustreerd, ongeduldig en ongelukkig wees nie.
      Begin by jou eettyd. Pleks van kos af te sluk, geniet elke happie daarvan, ontspan terwyl jy dit eet en dink aangename gedagtes pleks van aan goed wat jou gespanne of bekommerd maak. As jy werk, probeer dit met 'n positiewe gesindheid doen. Sê vir jouself: ek geniet dit wat ek op hierdie oomblik doen, want dit beteken het hét nog 'n werk! Die môre waarna jy so smag gaan dalk vir jou ongeluk of iets negatiefs bring, so leef in die hier en die nou.

Gangham Style.

Thursday, November 22, 2012

Die Hartseer van 'n Idealis

'n Week nadat sy haar droomman ontmoet het, sien sy hom vir die eerste keer dronk en luidrugtig. Maar dit pla haar nie in die minste nie. Mans drink mos maar en partykeer haak hulle uit, maar dit beteken nie hulle is alkoholiste of kroegvlieë nie.

Omdat sy 'n positiewe mens is glo sy in elk geval sodra hul verhouding ernstig raak sal hy minder tyd saam met sy drinkebroers spandeer en meer saam met haar. Sy glo hy sal verander.

Sy maak nie beswaar toe hy op seks begin aandring nie. Dis tog deel van 'n verhouding, en 'n teken dat hy vir haar omgee. En miskien sal hy nou ophou om so vir ander vrouens ogies te maak.

Sy is seker as hulle eers verloof geraak het sal hy al sy streke laat staan. Sy glo hy sal verander.

Hulle raak uiteindelik verloof, en een aand, nadat hy weer saam met sy vriende gekuier het, gee hy haar 'n paar klappie. Sy is erg geskok, maar besef dis omdat hy dronk is. Hy sal nooit so iets doen as hy nugter is nie. Daarvoor het hy net te veel respek vir haar.

Sy is in elk geval seker as hulle eers getroud is sal hy heeltemal verander.

Hulle trou 'n paar maande later. Tot haar ontnugtering kom hy nie tot inkeer nie. Hy  is nou gereeld dronk en as hy tuiskom slaan hy haar. Sy begin wegkruip sodat mense nie die merke en blou kolle aan haar moet sien nie. Sy voel so verneder. Hoe kan hy die vertroue tussen hulle so skend?

Tog bly sy by hom en is sy oortuig daarvan as hulle eers kinders het sal hy rustig raak en verander in die droomman waarvoor sy hom aanvanklik aangesien het.

Maar namate die kinders aankom raak hy net erger Hy is amper nooit meer tuis nie, het die een affair na die ander en sy is nou niks anders as 'n slaansak vir hom nie. Sy besef hulle kan nie so aangaan nie. Maar sy bly by hom, ter wille van die kinders. Sy wil hulle nie ontwrig nie.

So bly sy hoop en glo en vertrou dat hy sal verander.

So bly sy haarself bluf en 'n rat voor die oë draai en gooi sy haar lewe in die proses weg.

Want mans wat hul vrouens minag verander NOOIT.


'n Mode-voorspelling

Ek gaan nou my lyf psychic hou en voorspel dat pofbroeke, of clown pants, soos dié wat narre in sirkusse dra, binnekort die nuwe modegier gaan wees, en dit gaan veral jong mense wees wat dit dra. Sal kyk of ek 'n prent kan opspoor van hoe so 'n broek lyk maar dis pof om die boude, die sitvlak hang laag, amper tussen die knieë en die pype raak nouer ondertoe en span styf om die kuite. Kom ons kyk of ek reg was!

So, watch this space!

AANDAG: VLUG IS GEREED!


Wie't  gesê 'n mens kan ooit te oud vir plastic surgery wees?



En wie't gesê 'n mens kan ooit te oud vir modes wees?

Siestog, ek wonder waar sy vlug so lank vertraag was?

Wednesday, November 21, 2012

Arabier val in put tydens tydren

Glo dit as jy wil maar 'n viertrek met sy drywer het in hierdie watergat geval!




 Dis hoekom God in sy alwysheid vir hulle kamele gegee het. 



Sunday, November 18, 2012

Waar's Ons Helde Heen?

Kyk, ek aanvaar mense het foute, selfs ons helde in fiksie. Maar vir my is dit 'n voorvereiste dat ek respek vir die hoofkarakters moet hê. Skynbaar is ek die enigste mens wat nog so voel, hoekom anders sal skrywers soos Deon Meyer so goed vaar met sy alkoholistiese afstootlike hoofkarakter, Bennie? Of Riana Moolman met haar seksverslaafde held wat by al wat ongure karakter is slaap? Of Piet Steyn met sy kranklike, gekieriede held?

Is dit ons nuwe soort held?

Ag nee, ek raak sommer kwaad as ek begin lees en die storie begin waar die speurder (daai man wat veronderstel is om wet en orde te handhaaf) in 'n vreemde bed wakker word en nie kan onthou hoe hy daar gekom het nie omdat hy hom die vorige aand versuip het. Dan praat ek nie van die nuwe neiging om my held deesdae by 'n prostituut te laat slaap en dan boonop op haar verlief te laat raak nie.

Komaan, skrywers, moenie ons geloof in die liefde so goedkoop maak nie. Ek wil my held bewonder, nie verafsku nie! Ek meen 'n held wat my laat gril is mos nie meer 'n held nie, a nee a!

Saturday, November 17, 2012

Werd om te sien

Droeë rivierlope





Vertrekkende vliegtuie van Londen 

Kano's 
 Geskilder met mense


Waar twee rivier ontmoet

 
Waar die aarde eindig?

Friday, November 16, 2012

'n Paar "OU" Grappies Om Die Naweek te Begin

'n Bejaarde dame bel die polisie en kla dat by haar kar ingebreek is. "Die stuurwiel en gear lever en al die pedale is gesteel!"

'n Polisieman haas hom soontoe. Oomblikke later bel hy in met die rapport: "Niks is gesteel nie. Die tannie het agter in geklim."

                                                     ********

Twee ou tannies speel vir jare al kaart saam. Op 'n dag sê die een vir die ander een: "Moet nou nie kwaad wees of dink ek gee so min om vir jou nie, maar ek kan vandag nie om my lewe te red onthou wat jou naam is nie. Sê dit tog asseblief net weer vir my?"

Die ander een kyk haar aan, skuif 'n bietjie rond, kyk weer lank na haar en vra dan: "Hoe gou wil jy weet?"
                                                       ********

'n Ouman ry op die hoofweg toe sy vrou hom bel. "Liefie," sê sy dringend. "Jy moet baie versigtig ry. Hulle't nou net op die radio gesê daar's iemand wat aan die verkeerde kant van die pad ry."

"Nie net een nie," verseker hy haar. "Daar's honderde van hulle!"
                                                     
                                                           ********

Twee ou dames ry met die straat af. Die een in die passasierskant se hart gaan staan amper toe die een wat bestuur sommer oor 'n rooi robot ry. Sy dag eers dis haar verbeelding, maar by die volgende robot gebeur dieselfde ding. Toe dit 'n derde keer gebeur sê sy vir die een wat bestuur: "Mildred, is jy bewus daarvan dat jy nou al drie keer oor rooi robots gery het?"

"O," sê Mildred verbaas. "Ek het gedink dis jy wat bestuur!"

                                                          *********
En om mee af te sluit:

Die oom van diep in die negentig trou met 'n jong blaartjie. Op hul huweliksnag verwag die jong bruid nie veel nie, maar die oompie verras haar en wil sommer kort-kort seks hê. Hier in die vroeë oggendure, toe hy weer vir die soveelste keer begin vroetel, sê sy vir hom: "Hene my skat, ek is gedaan. Ek het nie verwag jy's nog so op en wakker nie!"

Waarop hy verbaas wil weet: "Bedoel jy ons het dit al reeds gedoen?"

Wednesday, November 14, 2012

Hoekom is Seks so Belangrik?

Ek dink nie eens geld het soveel mag soos seks nie. Kyk maar hoeveel groot manne oor die eeue heen het nie al gesneuwel as gevolg van seks nie. Snaaks genoeg dat dit net 'onwettige' seks is wat die verskil maak.

Jy hoor nooit Jan is sy pos kwyt oor hy gisteraand by sy vrou geslaap het nie. Maar  laat dit nou net met sy sekretaresse was en die hel is los.

Kyk ook na die seksmark. Menslike handel gaan 99% oor seks. Meisies en kinders word ontvoer en as seksslawe verkoop.  Pornografie verkoop die beste van alle flieks. 

Seks is misterieus, benewelend, asemrowend. Seks is ook alledaags, vervelig en aaklig. Hang af uit watter oogpunt jy daarna kyk. Kom ons vat vir Sannie. Sy spandeer ure met hygromans waarin die een sekstoneel na die ander in grafiese detail beskryf word. Sy hyg saam, sy gil saam en sy geniet elke oomblik daarvan. Maar kom vanaand en Jannie soek sy pond vleis in die bed, dan raak daai einste betowerende seks vir Sannie die haatlikste ding wat jy kan kry. 'n Vervelige plig wat sy nie kan wag om agter die rug te kry nie. En terwyl Jannie sy ding doen is hy die enigste een wat hyg; Sannie lê na die dak en staar en dink aan die volgende roman wat gelees moet word.

Ja'k, seks sal altyd een van die onverklaarbaarste dinge in die lewe bly.

Monday, November 12, 2012

Ons kinders

Ons slaan ons hande saam oor die dinge wat kinders alles vandag aanvang. Grootskaalse dwelmmisbruik, sedeloosheid, moord, selfs op ouers, en vele ander misdade.

Maar wie se skuld is dit regtig?

Die ouers s'n! Maak nie saak wat wie sê nie, as die kind se fondament reg gelê is sal hy nie sommer in die tronk beland nie. Maar gaan kyk hoe lyk die 'ouerhuis' vandag. Skande, skande skande! Dis egskeidings, ouers wat soos visse suip en paartie, huishoudelike geweld, molestasie, boeliery by die skole, en nog vele meer.

En niemand wat omgee nie!

Nee wat grootmense, skrik wakker en hou op met julle kak. Begin weer liefwees en omgee vir julle kinders. Hou op met los lewe en drink en hoer en rumoer. Wees standvastig en liefdevol en wees vir jou kind 'n sagte plek waar hy kan val as die lewe swaar begin raak. Asseblief!!!

Friday, November 9, 2012

Foto's van alles en nog wat





Inspirasie

Lees die week in Huisgenoot van die 17 jarige tiener van Johannesburg se rykmansbuurt, wat hom ontferm het oor 'n tiener net so oud soos hy van Madagaskar wat met 'n paraffienstofie verbrand het en in die grootste pyn gelê en op die dood gewag het. Die rykmanskind se oupa het toe op hom geopereer en nou gaan dit sommer baie beter met hom.

Jy kry tieners wat paartie en drink en dwelms gebruik. Tieners wat hulle maar net 'enjoy'. Niks verkeerd daarmee nie. Ek gun hulle dit.

Maar hierdie een se tydverdryf is om na brandslagoffers om te sien. Kan 'n mens meer edel en onselfsugtig as dit kry? Dink net hoe 'n wonderlike plek ons wêreld sal raak as meer jongmense sy voorbeeld volg pleks van aan groepsdruk toe te gee en die verkeerde dinge te doen.

Ons samelewing kort meer sulke helde!

Monday, November 5, 2012

Om Ware Ouers te Wees

Gestel jou kinders moet 'n opstel oor jou as ouer skryf, hoe dink jy gaan daardie opstel klink?

Ek weet wat ek oor my eie ouers sal sê. Ma was bietjie vinnig met die skoen toe ons nog kinders was, maar terselfdertyd was sy een van die liefdevolste mense wat jy kon kry. Sy en my pa sou hul lewens vir ons ses kinders gegee het. Pa was 'n stil mens, taamlik befoeterd teenoor 'die verpestelike regering' en daai 'donnerse  spietkop' ens, maar nooit ooit teenoor sy gesin nie. Hy het die seuns so nou en dan gefoeter, sommer net met die hand op die boude, maar nooit vir my en my jonger sussie nie.

Ek weet nie wat my kinders oor my gaan skryf nie, maar dit sal nie dieselfde wees as ek oor my ma nie. Ek het my pa se humeur geërf en kan vreeslik maklik ontplof, en net so gou weer kalm raak. Maar ek is nie 'n demonstratiewe ma nie. Ek faff nie om my kinders nie. As hulle honger is moet hulle hulself help. Hulle weet hoe die wasmasjien werk ens ens. Ek wens ek was meer soos my ma wat 'n gebore versorger was. Ongelukkig kies ons nie ons eie geaardhede nie. Jy kan maar net probeer om dit in toom te hou of ten goede daaraan te werk.

Ouers vergeet een ding, daardie kinders waaroor jy nou baas is en dikwels jou outoriteit misbruik, bly nie kinders nie; hulle raak groot en een of ander tyd gaan hulle rekenskap van jou eis. Onthou dit elke keer as jy onredelik, onregverdig, of wreed teenoor hulle optree. Jy gaan eendag die prys daarvoor betaal. Een van die volgende gaan gebeur: Terwyl hulle nog in hul tienerjare is:

Hulle gaan by die verkeerde maats die aandag en liefde soek wat hulle nie by jou kry nie. Dit wil sê seks, drank en dwelm. Dikwels ook satanistiese bedrywighede.

Hulle gaan nooit met jou praat of vir jou omgee nie. As daar geld is, sal hulle dalk heimlik wens dat jy moet doodgaan sodat hulle dit kan geniet.

Hulle gaan opstandig wees, en parmantig en hul skoolwerk verwaarloos.

En as hulle eers uit die huis is en later hul middeljare bereik:

Hulle gaan nie meer huis toe kom nie. Of baie min.

As jy te oud raak om vir jouself te sorg, gaan hulle jou by die ouetehuis aflaai en jy gaan hulle miskien een keer 'n jaar sien, dalk nooit weer nie.

Jy gaan nie jou kleinkinders sien groot raak nie.

Jy gaan ALLEEN en EENSAAM wees.

So, saai die regte saadjies NOU om te waarborg dat jy eendag vreugdevolle vrugte daarvan gaan pluk en naby jou kinders sal leef tot jou dood toe. Ja, ek weet, as jy nou eers in jou twintigs is en jou baba is maar 'n paar maande oud, dink jy waarskynlik ek praat tjol. Maar die jare gaan bitter vinnig verby. Glo my, daar breek 'n dag aan wat jy gaan wonder wat daarvan geword het. Belê in 'n goue oudag deur goed vir jou kinders te wees, dan sal hulle jou nooit weggooi as jy oud is nie. 

Engelse Afrikaans

Ek gaan vandag 'n bladsy skep vir Engelse woorde wat nie maklik of wat glad nie in Afrikaans vertaal kan word nie. Of wat net lekkerder in Engels klink. Ek gaan die bladsy noem: Engels wat as Afrikaans erken behoort te word.

Laat weet asb as jy ook aan woorde kan dink wat 'n mens nie kan vertaal nie. 

Saturday, November 3, 2012

Grappies

Die gebou brand en Julius Malema staan op die vensterbank van die boonste verdieping. Die brandweer staan met 'n vangmat onder en skree vir hom om te spring.
Juju: Aikôna, wêna, ek trust nie tjulle boere nie, sit daai mat op die grond neer, dan sal ek spring!"

Die blondine gaan koop motbolle by die apteek. Die volgende dag is sy weer terug om nog te vra. 
Apteker: Sjoe, lyk my jy't baie motte.
Blondine: Dis soos ek sukkel om hulle raak te gooi!


Vliegtuig val met 4 mense. Barack Obama,
 Helen Zille, Julius Malema en 'n klein
 dogtertjie. 

Die loods sê hy is jammer daar is net 3
 valskerms, hulle moet besluit wie kry dit en
 spring. 

Barack Obama sê: "I regret to say, but in the interest of my country I have to survive!" en hy spring. 

Julius Malema sê: "Ek moet spring, want ek is die slimste mens in Suid Afrika, wat sal die land sonder my doen." Hy sit die valskerm op sy rug en spring. 

Helen Zille sê: "Klein dogtertjie, ek het my lewe klaar geleef, vat jy die laaste valskerm en spring."

Klein dogtertjie sê: "Toemaar tannie daar is
nog 2 valskerms oor, want die slimste mens
in SA het my skoolsak op sy rug gesit!"