Thursday, April 12, 2012

Grappies

'n Lugvaartmaatskappy het 'n spesiale pakket vir besigheidsmanne: Koop een kaartjie en kry een gratis vir jou vrou. Die kaartjies verkoop soos soetkoek. Ná 'n tyd kontak die maatskappy die betrokke mans se vroue met die vraag: "Het julle die vlug geniet?"
Elkeen van hulle se antwoord was dieselfde: "Watter vlug?"

Die kwaai vrou bel haar man: "Waar die hel is jy?"
Man: Liefie, onthou jy daai juwelierswinkel waar ons voor ons troue gestaan en jy gesê het jy begeer daai goue armbandjie, maar toe sê ek ek het nie nou die geld nie maar eendag sal ek dit nog vir jou koop?
Vrou (in afwagting): Ja, my engel?
Man: Wel, ek is in 'n kroeg net oorkant dié juwelier.

'n Slim vrou spandeer soveel geld dat haar man nie 'n minnares kan bekostig nie!

Onderhoudvoerder: Waaraan het u u sukses as miljoener te dankie, mnr Theunsen?
Sakeman: Geheel en al net aan my vrou.
Onderhoudvoerder: Sjoe, sy moet 'n besonderse mens wees. Wat was u voor u haar ontmoet het?
Sakeman: 'n Biljoener!

Wednesday, April 4, 2012

Net In Suid-Afrika


Landdroste beroof glo

2012-04-04 22:29
Twee waarnemende landdroste het gisteraand in die Krugersdorpse polisieselle oornag nadat hulle vroeër die oggend weens gewapende roof gearresteer is.

Dié twee senior regsgeleerdes, wat volgens Beeld se inligting vennote in ’n Roodepoortse regsfirma is, het na bewering sowat twee weke gelede ’n skrootmetaalonderneming in Krugersdorp van meer as R100 000 beroof.