Ek kyk gister weer na 'n dr Phil show waar 'n agtjarige seuntjie sy ma letterlik aanval terwyl sy vergeefs die houe probeer afweer. Daar is ook 'n geval van 'n twaalfjarige wat sy ma aanrand. Ek kan my oë nie glo nie. Is dit wat hier by ons ook gaan gebeur noudat die regering 'n wet wil instel wat ouers verbied om hul kinders te tugtig?
Ek het vier kinders grootgemaak en alhoewel die oudste twee so af en toe onder pa se belt deurgeloop het, het die jongste twee nooit slae gekry nie, Alvier het egter respek vir ons gehad. Ek kan nie van 'n enkele keer onthou dat hulle parmantig was nie. En hulle is vandag oulike, gebalanseerde volwassenes, met respek vir hulself en ander mense.
In die dr Phil show word 'n hele weermag sielkundiges se hulp ingeroep om daardie woedende kindertjies vas te vat. Skynbaar sonder veel sukses, want een ma het vir 'n tweede keer ingeskryf om te sê haar 12 jarige seun is nou erger as voorheen nadat dr Phil se span hom onder hande gehad het. En al wat dr Phil sê is dat dit die ouers se skuld is!
Ek het raad vir daai bedorwe brokkies se ouers. Al wat hulle hoef te doen is om dié bloedjies met die welsyn te dreig. Glo my, daar is niks wat so goed werk as om vir jou kind te sê jy gaan die welsyn bel om hulle te kom haal en in die weeshuis te sit nie! Toe myne klein was en balhorig geraak het, het ek altyd gemaak asof ek bel en glo my, nie eens 'n drag slae kon sulke resultate oplewer nie!
Kinders is uiters manipulerend, iets wat dr Phil in sy alwetendheid na al die jare steeds nie geleer het nie. Ek kan horries kry as ek sien hoe hulle hom met 'n paar traantjies om hul pinkies draai en die ouers soos monsters laat lyk. Oe, ek wens ek kon daar gewees het!!!