Friday, January 27, 2012

Die lyding van 'n kind

Ek was nie seker of ek hierdie foto's moet plaas nie. Dit het my laasnag nie 'n oog laat toemaak nie. Ek weet nie hoe bid 'n mens vir hierdie kind nie, dat sy liewer weggeneem moet word of dat sy moet gespaar word. Haar lyding moet ondenkbaar wees. En dis hoekom ek besluit het om die foto's, wat ek op Facebook gekry het, wel te plaas. Ek wil hê 'n ieder en elk wat dit sien moet vir die dogtertjie bid. Vuuraansteker liquid het per ongeluk op haar gespat toe die houer in haar pa se hande ontplof het. Soos julle kan sien is die resultaat afgryslik.


        

Tuesday, January 17, 2012

Suid-Afrika versus Amerika

Een land waarheen ek nié sal emigreer as omstandighede in SA my dwing om pad te gee nie is Amerika. Ek dink die misdaad daar is baie erger as hier by ons. Ek sien gisteraand in 'n program oor die ontvoering van kinders dat daar daagliks 2000 kinders by hulle ontvoer word, dws in die omgewing van 730 000 per jaar. Maar daar is ander mense wat beweer dis ver oor 'n miljoen kinders en dat hulle as sekslawe gebruik word, hoe jonger hoe beter! Dis verskriklik.

Maar wat dit werklik ontstellend maak is dat dit so 'n winsgewende mark is dat daardie kinders glo goudmyne vir hul ontvoerders is. Met ander woorde, daar is so 'n groot aanvraag vir seks met kinders asook kinderpornografie dat dit een van die winsgewendste bedrywe van ons tyd geword het! Hoe siek het die mensdom nie geraak nie! Hoe kan mense so iets aan kinders doen en met hul gewetens saamleef. Nie dat ek dink so 'n persoon is 'n mens met 'n gewete nie. Ek dink jy moet absoluut sielloos wees om dit reg te kry!

Afgesien van hierdie euwel is 'n lewe in Amerika skynbaar net so min werd soos hier in SA. Kyk maar net hoeveel reeksmoordenaars het hulle al opgelewer, terwyl Suid-Afrika nog net met Moses Sithole kan "spog".