Thursday, November 3, 2011

Viskoekies




1 blik (425 g) sardyne in tamatiesous
1 blikkie (200 g) tuna, gedreineer
1 ui, gerasper
1 eier, geklits
10 ml droë pietersielie
125 ml koekmeelblom
Sout en peper na smaak
Druk die sardyne in tamatiesous en tuna fyn.
Voeg die res van die bestanddele by en meng goed.
Voorverhit ‘n pan tot redelik warm. Gooi ‘n bietjie olie daarin.
Skep lepels vol van die vismengsel in die olie en braai weerskante bruin.
Sit die koekies warm voor.


Flirt kan gevaarlike wees.

Toppunt van luiheid

'n Mamma se braafheid








Wednesday, November 2, 2011

Werklike aantekeninge in hospitaal verslagboek

1. Examination of genitalia reveals that he is circus sized.


2. Die pasiënt het geen geskiedenis van selfmoord nie.


3. Patient has left white blood cells at another hospital.


4. Patient's medical history has been remarkably insignificant with
only a 11kgs weight gain in the past three days.


5. Pasient het geen teken van bewing of rillings maar haar man beweer sy was baie warm in die bed die vorige aand.


6. Die pasient kry borspyne as sy op haar linkersy lê vir die afgelope jaar.


7. Op die tweede dag was haar knieg beter en op die derde dag het dit verdwyn.


8. Die pasient is baie huilerig en tranerig. Sy is ook depressief.


9. The patient has been depressed since she began seeing me in 1993.


10. Discharge status: Alive but without my permission.


12. Patient had waffles for breakfast and anorexia for lunch.


13. Haar been voel dood van die tone af ondertoe.


14. While in ER, she was examined, x-rated and sent home.


15. Die pasient se vel was klam en baie droog.


16. She stated that she had been constipated for most of her life,
until she got a divorce.


17. Die vel is taamlik bleek maar teenwoordig.


18. Pasient het twee tienerkinders maar geen ander abnormaliteite nie.


19.The lab test indicated abnormal lover function.


20.The patient refused autopsy.

Tuesday, November 1, 2011

Vis met drie oë, in Argentinie gevang

Vir mans wat van maer vroue hou, let op Demi se arms!

Demi Moore kwyn weg

Reeksmoordenaars

Ek wonder altyd: wat maak van iemand 'n reeksmoordenaar?

Hoewel ek geen kundige is nie, het ek my eie teorieë hieroor. Ek dink jy kry twee soorte mense wat die gevaar loop om moorddadig te raak. Die eerste is iemand wat so gebore word, dit wil sê die psigopaat. En die tweede is iemand wat deur sy kinderomstandighede alle menslikheid verloor.

Die psigopaat, wat deesdae ook 'n sosiopaat genoem word, is natuurlik onrehabiliteerbaar, want hulle word sonder 'n gewete gebore. Hulle is van nature geslepe en kan superslim wees. Hulle is ook baie goeie manipuleerders. Maar nie alle psigopate raak uiteindelik moordenaars nie. Jou broer of baas mag dalk een wees sonder dat jy dit eens weet. Die tipiese eienskappe van 'n psigopaat is selfsug en gevoelloosheid. So iemand sal sy vrou verneuk en werklik nie weet hoekom dit haar seermaak nie. Of die hondjie skop en dit geniet om die dier se pyn te sien. Hulle is nie in staat om jammer te wees om medelye met hul medemens te hê nie. Hulle kan huil, maar hul trane is gewoonlik net 'n middel tot 'n doel, want hulle weet nie hoe dit voel om hartseer te wees nie.

Die ander soort moordenaar is die een wat as kind geen liefde, aandag of stabiliteit ontvang het nie. So 'n persoon is met ander woorde nie geleer wat dit is om geliefd te wees nie. Jy kan maar in alle reeksmoordenaars se verlede gaan kyk. Meeste is as kinders mishandel en het sommer jonk al begin om uiters wreed met diere of kleiner kinders te wees. Hierdie soort persoonlikheid word veral aangetref onder boelies by skole. Dis dus baie belangrik dat ouers hulle kinders van kleinsaf soos kosbare kleinode behandel. Dissiplineer hulle, maar oorlaai hulle ook met liefde aandag en drukkies. 'n Kind wat geliefd voel sal nie die behoefte hê om ander seer te maak nie.

Ek is 100% seker as alle ouers vandag begin om hul kinders te koester, sal ons oor 'n paar dekades feitlik geen moorde hê nie en baie min ander misdaad. Ongelukkig is dit 'n onmoontlike droom as ek sien hoeveel kinders vandag op hul eie moet aansnork. Gaan kyk hoe lyk ons strate van wegloopkinders en kinders wat aan dwelms verslaaf is. Dan praat ek nie eens van die kinders wat wees gelaat is weens vigs nie.