Thursday, May 19, 2011

Telkom

Ek het al baie keer in my lewe swak diens ervaar, veral in die nuwe Suid-Afrika. Maar swakker as Telkom kan jy nie kry nie.

Probeer gerus hul hulpsentrum bel. Dis 'n absolute nagmerrie. As jy een van die magdom nommers skakel wat hulle agter op hul maandstate aangee, begin dit met 'n eentonige manstem wat eers 'n lang storie het voor hy uiteindelik sê jy moet jou telefoonnomer inpons. En dan begin die eintlike nagmerrie. Jy kry genommerde opsies wat jy moet kies vir jou probleem. Jy kies een van hulle. En jy kry nóg 'n klomp. En jy kies weer. En jy kry nog een. Uiteindelik kom jy by een uit wat jou die keuse gee om met een van hul operateurs te praat. En dan begin die aanhou. Jy's gelukkig as dit onder 'n kwartier is. Nou antwoord iemand met 'n aksent wat so swaar is dat jy nie 'n woord kan verstaan wat hy/sy sê nie. Maar na 'n geworstel verstaan hy/sy uiteindelik wat jou probleem is en sê dan vir jou jy moet 'n ander nommer skakel.

So, jy begin die hele proses van vooraf. En ná nóg 'n vermorste kwartier hoor jy jy moes eintlik die eerste nommer geskakel het. En dit help nie jy sê vir die dom donner jy het dit reeds gedoen en hulle het jou hierheen verwys nie.

Toe ek ná twee jaar uiteindelik genoeg hiervan gehad het, besluit ek om oor te gaan na 'n ander diensverskaffer. Net om uit te vind ek moet steeds 'n telkomlyn huur. Dus, ek moet steeds na hul hulpsentrum bel as ek 'n probleem met my internet het. Die gevolg is dat ek terug is by selfooninternet. Tenminste hoef ek nie nou met die idiote te onderhandel as iets verkeerd loop nie.

Die ergste is my rekening wat ek maandeliks van telkom gekry het. Dit was veronderstel om in die omgewing van R500 te wees en vir die eerste twee jaar was dit naastenby reg. Maar toe verval my kontrak en ek besluit om na 'n ander verskaffer te gaan. Maar voor dit gebeur, praat telkom om om by hulle te bly met die belofte dat ek in plaas van drie gigs per maand voortaan 6 sal ontvang, steeds vir dieselfde prys. Ek val boots en all daarvoor. En ontdek met my eerste rekening dat my koste amper verdubbel het. Ek kanselleer toe dadelik alles en moet dáárvoor 'n bykomende amper R200 betaal. Ek moes ook vir die kansellasie van my lyn betaal het.

Ek wens regtig daar wil 'n ander maatskappy kom wat hulle eie lyne het. Hulle behoort fantasties te doen, want ek weet van 'n klomp mense wat Telkom soos 'n warmpatat sal los. Die probleem is net die regering sal dit nie toelaat nie, want hulle weet dat hulle miljoene gaan verloor as dit gebeur.

Maar Telkom is nie al sondaar nie. Ek weet daar is baie ander wat ten gronde gegaan het die afgelope paar jaar.

Geweld

Asof dit nie erg genoeg is dat blankes in hordes deur swartes vermoor word nie, neem moord onder blankes ook nou met rasse skrede toe. Nóg 'n man het sy eks vermoor. Dis die ergste van als, dat die meeste geweld in gesinne voorkom.  En dis die vrouens en kinders wat die ergste deurloop. Ja, ja, ek weet daar is vrouens wat ook hul mans slaan, maar ten minste kan die man homself verdedig as dinge nou regtig hand uitruk, maar wat kan 'n vrou of kind teen 'n man doen?

Vrouens moet wakker skrik. As 'n man haar een keer slaan, moet sy hom los, maak nie saak wat haar omstandighede is nie. Daar sal altyd 'n uitweg wees. 'n Man wat hierdie neiging het sal nooit verander nie. Moenie wag tot dit te laat is nie. En as jy hom los en hy dreig om jou of die kinders leed aan te doen, vat dit ernstig op! Sorg dat jy altyd iets het om jouself mee te verdedig as jy hom móét sien. Al is dit ook iets soos pepersproei of selfs 'n fluitjie. Dit behoort hom lank genoeg te verras sodat jy kans kan kry om te vlug of hulp te kry. Dis ook 'n goeie idee om selfverdedigingsklasse te loop as jy dit kan bekostig.

Mishandeling breek 'n vrou sielkundig meer af as liggaamlik. Hoe langer sy toelaat om 'n slaansak te wees hoe meer voel sy soos 'n nikswerd. Of dat dit haar skuld is. En dis nie waar nie. HY is die oortreder, nie sy nie. HY het 'n probleem, nie sy nie. Mans wat hul vrouens slaan is inherent lafaards wat hul frustrasies op onskuldige mense uithaal, diegene wie hulle veronderstel is om lief te hê en te beskerm.

Die volgende verskonings kom altyd voor wanneer jy 'n vrou vra hoekom sy by so 'n geweldenaar bly:
a. Sy het hom te lief om hom te los.
    Boel. Hoe kan jy so 'n swakkeling liefhê of respekteer? En dink jy miskien hy het jóú lief as hy jou so sleg behandel?
b. Sy het nêrens anders om heen te gaan nie.
    Selfs al is jy nie 'n kerkganger nie, kan jy na enige predikant of pastoor gaan en jou omstandighede verduidelik en hulle sal jou in die regte rigting help. Of jy kan  076-103-7531 skakel. Dis 'n tehuis vir mishandelde vrouens en hulle sal jou help om 'n tehuis in jou omgewing te kry. 


c. Hy dreig om my dood te maak as ek hom los. 
    Dis beslis 'n dreigement om kop toe te vat, soos ek reeds hierbo gesê het. Maar jy kan steeds na 'n tehuis vir mishandelde vrouens gaan. Sorg net dat hy nie daarvan weet nie. 

Wat die geval ookal is, dis net nie die moeite of jou lewe werd om my 'n geweldenaar te bly nie. Los hom sodra die eerste tekens daar is.