Kom besoek gerus die blog vir 'n lekker kuiertjie. Jy kan kommentaar lewer of foto's, grappies of enigiets anders bydra as jy lus het. Stuur dit aan bydraes@aol.com
Wednesday, January 12, 2011
<meta name="google-site-verification" content="noawl7ikqLGnmAfLwSxrDoIzQrGK9rDciqmR3-kkNac" />
google-site-verification: googleebee5bdea7573505.html
Tuesday, January 11, 2011
Iets om 'n glimlag op jou bakkies te sit!
Koos sit in die kroeg toe 'n ouerige vrou langs hom kom sit en openlik by hom begin aanlê. Sy slaan een dop na die ander weg, vra toe later reguit vir Koos: "Lus vir 'n ma-dogter threesome?"
Koos is eers skrikkerig want hy het nog nooit so iets gedoen nie. Maar ná 'n paar doppe besluit hy dit kan dalk 'n interessante aandjie raak met die ma en haar dogter. Tuis gekom, gaan staan sy by die onderpunt van die trappe en skree op boontoe: "Ma! Is jy nog wakker?"
Die sakeman moet 'n vlug na een of ander Afrikaland haal. Die enigste vliegtuig wat beskikbaar is lyk maar bra sleg en behalwe vir die vlieënier is daar net een bemanningslid wat saam met hom vlieg. Hulle is skaars in die lug toe die vliegtuig wild begin bokspring. Dis duik op en af en heen en weer tot die sakeman naderhand groen om die kiewe is. Hy roep die bemanninglid nader. "Wat gaan aan?" vra hy angstig. "Is daar fout met die vliegtuig?"
"Die plane makeer niks, meneer," verseker die ou hom. "En die pilot sal ook orraait wees, as hy net eers die controls uitgefigure het. Sien, dis sy eerste solo vlug hierdie."

Lekkerrrrr Pannekoek!
Vir diegene wat reën kry vandag, los julle luigeit en bak pannekoek. Hier is 'n onfeilbare en baie lekker resep wat ek altyd gebruik: (moenie worry oor streng afmetings nie, ek gebruik partykeer 'n teekoppie, ander kere 'n koffiebeker, hang af wat ek eerste in die hande kry!)
4 koppies koekmeel ( sif maar as jy plesierig wil wees, ek gebruik dit ongesif)
2 teelepels sout
1 teelepel bakpoeier
2 koppies water (gebruik dieselfde koppie waarmee jy die meel afgemeet het)
2 koppies melk
1 koppie kookolie
5 eiers
2 eetlepels asyn
En, natuurlik, suiker en kaneel om oor te strooi!
Klits goed en gooi water by as dit te dik lyk. Gebruik net met die eerste een 'n bietjie kookolie in jou pan. Die res kan jy sonder olie bak.

Oor ditjies en datjies
Ouens, lees tog maar "Help tog, Asseblief". 'n Mens weet nooit, dalk kan jy raad of 'n handjie gee.
Ek voel vandag hartseer oor al die kinders in ons land wat swaarkry.
Hulle wat mishandel word, maar daaroor swyg omdat hulle verkies om doodgeslaan te word eerder as om by vreemde mense of in 'n kinderhuis te beland..
Hulle wat reeds daar is omdat hulle ouers nie vir hulle kan of wil sorg nie, ander omdat hul ouers dood is en niemand anders genoeg omgee om vir hulle 'n huis en liefde te gee nie.
Hulle wat deur 'n kennis of familielid gemolesteer word en vir ewig met die letsels gaan sit.
Hulle wat genadeloos by skole geterg en geboelie word, miskien omdat hulle 'n liggaamlike gebrek het of dalk net omdat hulle skaam en fynbesnaard is.
Hulle wat aan kanker of ander chroniese siektes ly wat hulle van 'n sorgelose kinderlewe ontneem, en vir wie die hospitaal dikwels die enigste huis is wat hulle ken. .
Hulle wat vroeg al deur honger en armoede geknak word. As elkeen van ons net een so 'n kind 'aanneem' en in sy of haar behoeftes voorsien, sal die lewe vir duisende kinders net soveel makliker wees.
Ek wil 'n beroep op julle doen om jul oë en ore oop te hou en op te tree as julle vermoed van gevalle waar kinders mishandel of misbruik word. En maak seker iets word aan die saak gedoen. Onthou, as ons as volwassenes nie vir hierdie ongelukkige en weerlose skepseltjies baklei nie, sal niemand nie. Reik uit, mense!

Subscribe to:
Posts (Atom)